Gestrande vragskip lek olie

Die gestrande vragskip. Foto: Biance Bezuidenhout/NSRI

Die vragskip wat vroeër die week aan die kus by Knysna gestrand het, het begin olie lek.

Nigel Campbell, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa), het aan die SABC gesê die owerhede is bekommerd oor die olielekkasie. “Daar is ʼn klein lekkasie in die enjinkamer by die romp waar meeste van die brandstof gehou word.” Hy sê daar het reeds olie in die see ingelek maar dat Samsa daaraan werk om die situasie onder beheer te bring. “Ons het proaktief opgetree deur die riviermond by Goukamma en Swartvlei te sluit. Stootskrapers en sand word gebruik. Daar is gelukkig ʼn sterk uitvloei wat ons bystaan.” Samsa maak intussen gereed om die skip na Kaapstad te sleep. Die skip, wat rys vervoer het, het Donderdag gestrand. Campbell sê ʼn helikopter word gebruik om die besoedeling dop te hou. “Ons het ook spanne ontplooi op die strand om olie wat op die strand uitspoel skoon te maak,” het Campbell aan die SABC gesê.

[nggallery id=149]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Edna ·

hoe gebeur sulke dinge? Waar is die kuswagte of is dit weer kostes? Nee man! Ons moet of MAG nie die gemors sommer so aanvaar nie!!!

akram ·

die kaptein wou seker vir n pel op die strand waai. of hy wou die lywe kyk wat le en bak???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.