Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Maandag die toneel van die Griekwastad-moorde besoek.
Regter Frans Kgomo het eers by die Griekwastad-polisiestasie aangegaan wat die saak van ʼn 16-jarige seun, wat van die moorde op die Steenkamp gesin verdink word, hanteer.
Kgomo, hofpersoneel, staatsaanklaers, die seun se regspan en die media is daarna na die plaas Naauwhoek, waar Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43), en hul dogter Marthella (14), verlede jaar op 6 April doodgeskiet is.
Die plaas is sowat 9km buite Griekwastad op die pad na Niekerkshoop. Die groep het onderweg na die plaas ook by die plek vertoef waar ʼn bakkie die aand van die moorde gevind is.
Die regter is daarna na die plaas geneem waar hy deur ʼn skuur begelei is en daarna deur die plaashuis waar die tragedie plaasgevind het. Die inspeksiebesoek het sowat ʼn uur en ʼn half lank geduur.
Die saak duur Dinsdag in die hof voort.
Dit word ‘n ter plaatse ondersoek genoem… Ek weet nie of inspeksie ondersoek reg is nie…
n mors van tyd en geld,daar is duidelik wie die skuldige is.Hy het ook nie hulp gehad nie.kom nou hulle soek nou na tegniese punte om onskuld te help.