Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal

Marthella Steenkamp

Marthella Steenkamp

Bloedspore van Marthella Steenkamp, die veertienjarige slagoffer wat in April verlede jaar wreed saam met haar ouers op hul plaas naby Griekwastad vermoor is, het vandag die gru-verhaal van haar laaste oomblikke vertel.

Die hof het vandag getuienis van kaptein Marius Joubert, ’n misdaadtoneel- en bloedspatselkenner van die polisiediens se forensiese laboratorium in Kaapstad gehoor. Dit volg op die getuienis van Lemaine Fouche, ’n patoloog van die Noord-Kaapse departement van gesondheid wat vroeër die skietwonde wat Marthella toegedien is beskryf het: een in die bors en drie in die kop.

Volgens die staat is Marthella buite die huis in die bors geskiet waarna sy in die huis in gehardloop en probeer het om ʼn telefoonoproep te maak, maar sy het by die telefoon inmekaargesak. “Sy sou in daardie stadium nie meer krag oorgehad het nie,” het Fouche gesê.

Joubert het vandag getuig dat die bloed van die skietwond in Marthella se bors teen haar lyf, haar regterarm en regterbeen afgeloop en van haar vingers af op haar voete gedrup het. ’n Spoor bloeddruppels het van die kombuisdeur af, deur die opwaskamer tot in die kombuis gelei waar sy teen die kombuistoonbank geleun het. Die bloedspoor lei dan verder, om die toonbank. Halfpad na die telefoon, tussen die toonbank en eetkamertafel, het sy weer gestop en daarna weer by die tafel – daar was ’n bloedbevlekte handafdruk daarop. Sy het naby die telefoon inmekaargesak en is daar dood voordat sy hulp kon ontbied.

’n Sewentienjarige seun word daarvan beskuldig dat hy Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14) in April verlede jaar doodgeskiet het. Hy word ook daarvan verdink dat hy Marthella verkrag het en staar ook ʼn aanklag van regsverydeling in die gesig.

Lees ook:

Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Charmaine ·

Ek glo regtig nie dat die seun, Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14) in April verlede jaar doodgeskiet het. En nog sy suster Marthella verkrag, ag kom nou mense. Soek bietjie verder ondersoek span, nou haak julle op een afgesaagte plek vas die’ seun moet nou al die blame vat. Al die werkers wat die dag so gesuip was werk 4 maande of bietjie meer, minder as n jaar. Wat van die werkers wat voor heen daar gewerk het,ek wet julle hulle het die moord gepleeg en die gesuipte werkers is kop en een mis met die vorige werkers.

Peter Se ·

Charmaine, ek glo meeste mense wil in Don se onskuld glo, maar ek begin sterk te twyfel daaraan. Kom ons kyk maar wat is die uiteinde. Baie tragies hierdie.

Seg ·

Die man is nie die seun nie, maar die vermeende verkragter en moordenaar hoort in die tronk met ander geharde moordenaars en verkragting. En daarmee seg ek alles.

Arizona ·

Hi Charmaine,

Ek dink is vir almal van ons n bitter pil om te sluk om eers te kan glo dat die seun tot so iets in staat sou wees. Ek volg die saak baie noukeurig en is natuurlik glad nie ‘n ekspert op enige gebied insake moorde ens. Daar is tog n paar goed wat vir my glad nie sin maak en wat my mening oor die seun heeltemal verander het:

Die aand met die skietery was hy baie seker van sy saak sy familie is dood geskiet. Hy het getuig hy was nie naby die lyke of het ook nie aan hulle gevat (buiten sy suster wat aan hom geklou het nie). Hoe het hy geweet hulle is doodgeskiet. Hy was baie seker van sy saak dat hulle geskiet is. Hy het dit uit basuin vir almal om te hoor. Hy getuig oor sekere goed wat nie vir die publiek gesê is oor die misdaad toneel nie. Dinge wat net iemand op die toneel sou geweet het soos by pa wat in sy eie bloed gegly het, hoe het hy dit geweet, dit was nie in die koerante gepubliseer nie.

Hy het geen hulp aan hulle verleen nie maar het tog ‘n skoon hemp gaan aan trek met sy familie se lyke in die ander vertrek.

Die aand na die moorde het hy daarop aangeding om saam met die ondersoek beampte na die huis terug te gaan. Hy het op daai stadium nie een keer gevra of sy ouers en susters oorlede is, maar wou baie gou weet of hy gaan erf.

My persoonlike opinie is dat hy haar nie verkrag het het maar dit liewer wou laat lyk het of sy wel verkrag is, ek wil nie eers daaraan dink hoe hy dit sou gedoen het. Hy het soveel geleenthede gehad om homself te verdedig maar in plaas daarvan is sy antwoorde vaag en afsydig. Hy kom koud voor amper asof hy homself distansieer van wat regtig besig is om te gebeur. Marthella het nie en sou nie krag gehad het om op te staan teen hom soos hy getuig het nie, hoe het haar bloed om hom gekom. Die vader weet alleen. Een ding wat met elke Hof verskyning baie duidelik word is dat hy en hy alleen het iets met hulle moorde te doen gehad het.

Elizabeth ·

Ag kom nou Charmaine!! Wie anders het dit gedoen?? Die kind is so skuldig soos more heeldag!! Hy is ‘n siek, siek, siek mens en hy’t geen gevoel vir sy medemens nie! As jy jou familie SO kan afmaai, is daar groot fout. Kan nie GLO jy’s so kortsigtig nie!

Ek stem saam met Arizona!

Hennie van der Merwe ·

Charmaine, moet nie so naief wees nie! Gaan speel met jou poppe!

Loretta Muller ·

More ek gaan niemand oordeel nie!! Dis nie my werk nie Ek wil net weet of hulle die seun se DNA vergelyk het met die ander 3 familielede sin? Want ek kanie glo dat hy dit aan sy ouers en suster kon doen nie!!!!!! Is hy hulle bloedkind??? Dis maar net n klip in die bos!!!!

Hennie van der Merwe ·

Charmaine, jy is nie naief nie, en moennie met jou poppe gaan speel nie, hoor! Maroela Media hou nie daarvan nie!

Hannelie ·

Ek weet net dat geregtigheid moet geskied, ter wille van hulle wat wreed vermink en vermoor is deur ‘n siek, siek mens. Iemand wat geen gewete het nie, wat ‘n moordenaar is wat nog los rondloop. Al wat ek sê is God slaap nie! Ek bid vir die familie wat deur al hierdie hofsake moet wroeg en al hierdie wrede dinge moet aanhoor. Ek raak kwaad as ek die twiets lees, hoe hul, veral Marthella moes gevrees het vir haar lewe, gevlug het en bang was. En die moordenaar het “jag” gemaak op haar, sy moes dood!! Hy is siek!!

delia ·

Hy was jaloers op sy sussie en was nie so voorbeeldig en hardwerkend soos sy nie.
Sy was haar pa se oogappel terwyl hy homself moes afsloop op die plaas om aan sy pa te bewys dat hy sy erfporsie waardig sal wees. Hy het die media dopgehou oor plaasmoorde en duidelik dit gebruik om alles haarfyn te beplan. Of hy sy suster verkrag het of nie ..hy wou duidelik aan haar bewys dat hy in beheer is. Laat mens wonder of sy pa nie dalk te dominerend teenoor hom was nie?
Dalk het sy suster n kerel gehad en het met hom seksueel verkeer ,en Don het daarvan te hore gekom en het dit gebruik om haar af te pers om haar erfporsie te bekom. Sy het geweier en hulle het stry gehad waar hy haar in die skuur verkrag het (aangesien sy volgens hom haar pa se liefling was en h haar wil degradeer na n slet toe). Dit het gebeur en sy het huistoe gehardloop waar hy voorgekeer het buite en geskiet het deur die bors. Hy het haar daar buite gelos en is die huis binne na die kluis om die ander gewere uit te haal. Toe skiet hy die ouers en daarna weer haar. dit is volgens my wat gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.