Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek “selfmoordpakt”

Marthella Steenkamp

Die polisie se ondersoek na die raaiselagtige Griekwastad-moorde het glo uitgebrei na bewerings van ʼn selfmoordpakt tussen Marthella Steenkamp (14) en haar vriendinne.

Volksblad berig die polisie ondersoek selfoonboodskappe tussen Marthella en haar vriendinne oor ʼn bewering dat daar praatjies van ʼn selfmoordpakt tussen die meisies was. Marthella, haar pa, Deon (44), en ma, Christel (43), het almal op Goeie Vrydag ’n skietdood in hul plaashuis gesterf. Haar broer, Don (15), is al oorlewende. Don se vriende is glo ook deur die polisie ondervra en SMS en Blackberry-boodskappe wat tussen hom en sy vriende gestuur is, word glo ook ondersoek. Boodskappe tussen Marthella en haar vriende voor haar dood is glo ook deur die polisie ingewin.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre Nienaber ·

Hoe is dit moontlik vir selfmoord die wapens het dan ver van die huis in n pad gele en iemand het later die wapens opgetel in die pad. Ek voel net enige bespiegelinge wat nou gemaak kan die seun se lewe vernietig

Mj ·

Ek ruik n rot. Miskien wil die seun sy suster beskerm……….. Die persoon wat die ouers vermoor het, is miskien die 1 wat dood is; (selfmoordpakt) wie weet….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.