Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse

Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet. Lees meer hier.

Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp. Lees meer hier.

Don saam met sy pa Deon.

Die polisie in die Noord-Kaap sê hy fokus nou op forensiese- en nadoodse ondersoeke om moontlik ʼn verdagte te identifiseer in die moord op die Steenkamps op Goeie Vrydag op hul plaas buite Griekwastad.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Hendrik Swart, het vroeër vanoggend aan Maroela Media gesê dat hul Don Steenkamp (15) terug na die plaashuis geneem het. Swart sê in die stadium word daar niks uit die huis vermis nie. Don het Vrydag omstreeks 18:00 op sy ouers Deon (44) en Christelle (43) en sy sussie Marthella (14) se liggame afgekom. Volgens die polisie het Don op ʼn .22 en ʼn .357 Magnum-rewolwer afgekom by die plaashek toe hy dorp toe gery het om die moorde aan te meld. Swart sê die vuurwapens behoort aan Deon en is vir ballistiese toetse gestuur. Swart sê die polisie sal moontlik ʼn verdagte kan identifiseer wanneer al die toetse afgehandel is.

Daar is vroeër berig dat Don se sussie, Marthella, in sy arms gesterf het en dat daar bloed op sy klere was toe hy Vrydagaand in die dorp aangekom het om die moorde aan te meld. Don is tans in die sorg van familie.

Marthella

Christelle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

corne ·

wat het die helikopter dan omstreeks 1 uur vrydag middag in die lug gesoek in die omgewing. was daar. het self gesien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.