Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos

Marthella Steenkamp

Marthella Steenkamp

Die raaisel van die onbekende vingerafdruk wat op ʼn koeldrankglas buite die Griekwastad-plaashuis gevind is, is moontlik opgelos.

“Daar is ʼn sterk moontlikheid dat die vingerafdruk aan Marthella Steenkamp behoort,” het ao. Phillip Bekker, ʼn vingerafdruk-kenner van die polisie se misdaadtoneeleenheid en laboratorium in Port Elizabeth, Dinsdagmiddag aan die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley gesê.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die moordsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) verdink word. Hulle is op 6 April 2012 omstreeks 18:00 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor. Die tiener word ook aangekla van verkragting en dwarsboming van die gereg.

Bekker het Dinsdagmiddag noukeurig deur die metodes gegaan oor hoe die eenheid tot dié gevolgtrekking gekom het. Vroeër in die ondersoek was dit ʼn raaisel aan wie die vingerafdruk behoort het.

Ondersoekbeamptes het geen vingerafdrukke op rekord gehad om die vingerafdruk mee te identifiseer nie. Ondersoekbeamptes het ook geen vingerafdrukke van Marthella op die staat se databasis gehad nie.

Die ondersoekbeamptes het haar vingerafdrukke van skoolboeke gekry om te kyk of dit moontlik met die vingerafdruk op die glas ooreenstem.

Bekker het getuig dat die vingerafdrukke wat op die skoolboeke voorkom ooreenstem met dié op die glas en dat Marthella die glas vasgehou het.

Bekker het aan Kgomo gesê die vingerafdrukke op die glas is dié van ʼn kind of ʼn jong volwassene en dat daar geen teken was dat ʼn volwassene die glas vasgehou het nie. Sewe identifiseerbare punte op ‘n vingerafdruk is die standaardpraktyk in Suid-Afrika om ʼn vingerafdruk uit te ken. Bekker het egter gesê hy kon net vyf punte identifiseer maar dit gee ‘n redelike moontlikheid dat Marthella uit die glas gedrink het.

William Coetzee, hoof van die verdagte se verdedigingspan, het gesê hulle sal eers met Bekker se kruisverhoor begin nadat hul kenner Dinsdagaand na al die bewyse gekyk het.

Die verdedigingspan het Dinsdag ook nie twee van die staat se ander kenners onder kruisverhoor geplaas nie.

Lt. Cicilia Janse van Rensburg het oor DNS-monsters gepraat wat op die toneel gevind is. Lees meer hier. 

Ao. Nosamose Nhlapo het gesê dat elke slagoffer met twee verskillende vuurwapens wat aan Deon behoort het, geskiet is. Lees meer hier.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lize ·

Hoe de duiwel kom hulle nou eers agter dit is Martella se vingerafdruk? Na meer as ‘n jaar se ondersoek!!

Anon ·

Ja nee Lize ek stem saam. Iets klink nie vir my lekker nie. Selfde dat hy haar verkrag het, maar voorheen het hulle gese dat die “merke” wat gevind is agv perd ry is. Dis regtig n deurmekaar spul, wonder of hulle weet wat hulle doen.

PURE BOER ·

Ek weet nie, die hele verhaal klink net of hulle nie hulle werk reg doen nie. Ek glo nie die 17 jarige het die moorde gepleeg nie. malempie se volgers het dit gedoen en dis als net n toesmeer komplot.

hennie ·

Swak uiters swak ondersoek werk van die Polisie se kant! Daar moes vingerafdrukke van al drie oorledenes geneem gewees het om moontlike vingerafdrukke op die misdaad toneel uit te skakel…..Ek moet egter die Polisie erkenning gee dat hul wel die regte persoon vir die misdaad gearresteer en aangekla het alhoewel hul n bietjie lank geneem het om tot daardie gevolgtrekking te kom!!

Barbra Cronje ·

Dink die ondersoek is baie goed gedoen deur kundiges en mense wat spesialiseer in hulle onderskeie rigtings. Maklik om altyd kritiek te lewer. Alles lyk altyd so maklik as jy op die kantlyn staan. Geluk aan die ondersoekspan. Dink julle het uitstekende werk gedoen en dat die skuldige tog aan die pen sal ry.

Barbra Cronje ·

Die ondersoek is deeglik gedoen. Maklik om altyd kritiek te lewer as jy op die kantlyn staan. Hou op om die mense te kritiseer want dis kundiges en hoogs gespesialiseerde mense. Die skuldige persoon gaan verseker aan die einde van die hofsaak gevonnis word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.