Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag

hofhamertjie3Die verhoor van die 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor het, gaan vandag voort in die Noord-Kaapse hooggeregshof.

Die hof het Maandag ondermeer aangehoor dat geen semen of manklike-DNS op die 14-jarige slagoffer, Marthella, gevind is nie.

Dié inligting was deel van ‘n lys van opnames wat deur die seun se verdedigingspan aan die hof oorhandig is.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die saak van die seun wat beskuldig word van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella. Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas doodgeskiet.

Willem Coetzee, die tiener se prokureur, het ʼn lys van 132 punte vir opname aan die hof voorgehou. Hierdie lys gaan nie deur die verdediging betwis word nie. Die seun staan ook tereg op ʼn bykomende aanklag dat hy Marthella verkrag het.

Dick de Waal, ʼn ondersoekbeampte, het Maandag ook in die hof bewerings deur ʼn verregse vrou oor haar rol in die Steenkamp-gesin se moorde op ʼn plaas naby Griekwastad, verwerp.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anon ·

Ek verstaan dit nie, hulle het geen semen of manlike DNS op die dogter gekry nie. Hoekom word hy dan aangekla vir verkragting. Die hele storie is baie deurmekaar. Wonder of die moord saak ooit opgelos gaan word. Of gaan iemand wat onskuldig is in die tronk gesit word omdat die polisie nie hulle werk behoorlik gedoen het nie. Wonder maar net!!!

Eben ·

Stem Anon en dis ook reeds bekend dat die polisie n swak ondersoek hier gedoen het. Wonder self het Dick de Waal ooit ondersoek ingestel oor die beweringe van die vrou? Hoekom sou sy dit genoem het, en wat kon sy daaruit gewen het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.