Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Don Steenkamp, die seun van Deon Steenkamp, ‘n vermoorde boer van Griekwastad in die Noord-Kaap, is die enigste erfgenaam vir ‘n boedel van bykans R23 miljoen.

Die ouers se vuurwapens, insluitend die wapens wat vermoedelik in die moord gebruik is, is ook aan hom bemaak, het Beeld Woensdag berig.

Deon (44), sy vrou Christelle (43), en hul dogter Marthella (14) is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet.

Beeld berig Deon en Christelle het ‘n gesamentlike testament gehad. Die bates in die boedel is R22 999 307 werd en die laste op ‘n enkele verband beloop R620 779. Ongeveer R6.7 miljoen kom uit Deon se lewenspolisse. Daar is ook ‘n Naauwhoek-trust met plase ter waarde van R7.6 miljoen en vee ter waarde van R1.2 miljoen wat Don sal erf.

Sy suster, Marthella, sou die Edelweiss-trust erf wat uit plase ter waarde van R6.4 miljoen bestaan, vee ter waarde van R960 150 en haar ma se juwele. Don sal nou ook haar deel erf.

Don sal die boedel erf sodra hy 21 jaar oud word.

‘n 16-jarige seun is vir die moorde in hegtenis geneem en het onskuldig gepleit. Die moordsaak sal na verwagting op 2 September hervat.
-SAPA

Lees ook:
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Annette brand ·

“n Persoon gaan alleenlik tronk toe as hy skuldig bevind word. Moenie afleidings maak wat nie gestaaf kan word nie. Wag totdat die saak hervat word.

freda pretorius ·

Ek het op die begrafnis al vir my man gesè dis hy. Hy het so probeer om traan te pik. , maar niks. Maar soos dit deesdae gaan, hy sal seker onskuldig wees, soos die staat ook die Kotze vark wil onskuldig laat lyk. Ek dink hulle moet sulke ouens vir vrouens gee om met hom af te reken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.