Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof

Foto: OFM

Die voog van die 16-jarige seun, wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad, het buite die hof met die verdagte se hoërskool geskik.

OFM berig dat die twee partye Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein sou verskyn nadat die seun se voog hom tot die hof gewend het om die skool te dwing om die seun weer tot die skool toe te laat. Stoffel de Jager, die seun se regsverteenwoordiger, sê volgens die skikking sal die seun tuisonderrig ontvang en sal die skool alle nodige leermateriaal aan hom verskaf. Die seun bly ook ʼn leerling aan die skool en kan hy onderwysers kontak indien hy hulp met sy skoolwerk nodig het.

Die seun is op 3 September op borgtog van R5 000 in die Griekwastad-landdroshof vrygelaat. Hy word aangekla van die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op Goeie Vrydag. Die staat het vroeër teen die toestaan van borg geappelleer. Die appèl sal volgende week in die hooggeregshof in die Noord-Kaap aangehoor word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.