Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag

Die Staat gaan vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof appelleer teen die borguitspraak van die tienerseun wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin.

Regter Spiwo Mazwi het op 3 September in die Griekwastad-landdroshof borgtog van R5 000 aan die 16-jarige verdagte toegestaan. Mazwi het aangevoer dat die belange en beskerming van die seun die meeste gewig moet dra en het die seun in die sorg van sy voog vrygelaat. Die verdagte staan tereg vir die moorde op Deon (44), Christel (43) en Marthella Steenkamp (14), wat op Goeie Vrydag vanjaar in hul huis op hul plaas naby Griekwastad doodgeskiet is.

JJ Cloete, die staatsaanklaer, voer aan dat die landdroshof ʼn fout gemaak het in sy bevinding dat die seun nie ʼn gevaar vir die samelewing inhou nie. Hy sê voorts dat die verdagte tydens sy borgtogaansoek geen aanduiding gegee het dat hy onskuldig is nie en dat hy ook vir die polisie gelieg het. Cloete het aangevoer dat die landdroshof die beweerde gewelddadige aanklagte onderbeklemtoon het en die seun se belange oorbeklemtoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.