Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-familie op hul plaas naby Griekwastad vermoor het, het Dinsdag onder kruisverhoor in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley beweer dat hy nie enige aanval gehoor het terwyl hy in ʼn skuur 15 meter van die huis af was nie.

“Wil jy hê die hof moet jou glo dat jy nie in enige stadium iets van Marthella se aanval, wat 15 meter van jou af plaasgevind het, gehoor het nie?” het staatsaanklaer Hannes Cloete gevra. “Ja u edelagbare,” het hy geantwoord.

Die seun word tans vir die tweede dag deur die staat onder kruisverhoor geplaas. Cloete het aan die seun gesê dat hy, volgens sy eie weergawe, skaars 15 tree weg was van waar Marthella aangeval is. “Jy sou kon sien waar Marthella en haar aanvallers was.”

Cloete het aan die seun gesê die staat verwag nie van hom om sy verklaring te verander nie, maar het daarop aangedui dat die seun se weergawe so onwaar is dat dit “selfs seermaak net om daarna te luister”.

Die staat het die seun ondervra oor sy getuienis wat hy aan die ondersoekbeamptes en ander getuies gelewer het, waar hy gesê het hy het Marthella hoor gil. Die seun het geantwoord dat hy daaroor onseker is.

“Ons aanvaar dat jy haar gille gehoor het,” het Cloete gesê. Die seun het geantwoord: “Ek getuig oor wat ek kan onthou. Ek kan dit nie vandag onthou nie.”

Cloete het aan die seun gesê dit bekommer hom dat die seun ʼn “traak-my-nie-agtige”-houding het terwyl hy die vrae beantwoord. Hy het die seun herinner dat die hof weet wat Marthella alles ervaar het. “En jy sê jy het niks gehoor nie, terwyl twee ander getuies aan die hof gesê het jy het haar hoor gil,” het Cloete gesê.

Regterpresident Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die hofsaak van die tiener wat verdink word van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) op hul plaas Naauwhoek buite Griekwastad op 6 April 2012.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Seg ·

Jou tydjie word al korter en korte,r sekonde na sekonde ou seun. Kom uit met die volle waarheid en jy sal beter daartoe af wees.

Trippie ·

Goeie naand SEG, stem met jou saam, indien ek in sy skoene was, sou ek dood-beangs gewees het, skuldig of onskuldig – hoe kan enige mens met ‘n hart, en dan nog waar die afgestorwenes EIE FAMILIE was, so onge-ergde houding he. DIT STROOK NET NIE !

Seg ·

Hallo Trip, skaars die laaste tyd? Die mannetjie besef nie die ernstigheid van dit waarin hy is nie. Ek dink die volle werklikheid sal tot hom deurdring, indien hy skuldig bevind sou word, en in die tronk sal sit.

Trippie ·

SEG, hy behoort ‘n ander deuntjie te sing as die werklikheid van tronkstraf hom in die gesig staar. Intussen (glo ek) – hy plaas al sy vertroue in die hande van sy regsverteenwoordigers wat heel moontlik in sy gesig gaan ontplof. Reg en geregtig MOET geskied.

***

HALLO JUSTI !

Justi ·

Naand almal. Die blatante leuens wat die seun so sonder enige emosie kwytraak is erg!
Net 15 meter en hy kon niks hoor nie?
Nee wat, mag hy sou hy skuldig bevind word n onheilige lange tronk straf opgele word!

Ook 'n ma ·

Ai mense, die seun het ‘n probleem, iewers het iets in sy lewe verkeerd geloop! Op 16 moes hy veilig in sy gesinsverband gevoel het maar duidelik was daar fout! As hy skuldig is sal die waarheid uitkom maar bid vir hom ook asb!

Rageltjie ·

Hello julle!Dis skokkend….Seg, ek laaaaik jou uitgesprokenheid!

Mag ·

Daar kom die oordeel al weer, wel ek kan sien nie een van Julle het ‘n greintjie sielkundige opleiding nie. Het een van julle al daar in die hof gestaan, voor mense wat al klaar besluit het jy is skuldig, jy gaan absoluut in ‘n staduim van skok, waar jy verstok raak jou verstand staan stil en jy sukkel om ‘n woord uit te kry, geen emosie kan getoon word nie jou denke en alles is oorweldig. So voor julle nie self in so ‘n situasie was nie, gaan praat julle nonsens op praag. En hou asb maroela vir die mense wat van beter weet, en oordentlike redenasie vermoeens het.

Seg ·

Magtig, Mag maar jy mag maar in ‘n ander wêreld lewe. Lees sommer my kommentaar hier onder.

Jean-Marie ·

Ek wens mense wil eerder ophou hierdie arme seun oordeel! As hy wel skuldig is wat ek baie groot twyfel, het hy dalk nie n rede gehad nie? Het sy ouers en suster hom dalk nie daartoe gedryf nie? Maar hoekom verdink mense nie eerder ander diewe wat regtig daartoe instaat is om mense te vermoor nie, hoekom juis nou die seun?

Seg ·

Jean-Marie Ons loop nie soos donkies met oogklappe soos jy en jou vriend Mag hierbo rond nie. Die klein wetter het sy ouers en suster koelbloedig vermoor en julle kom vir die klein verwaande blixem op? Hy hoort in die tronk en behoort nooit ooit weer daaruit vrygelaat te word nie. Dit is genoeg dat die swartes ons uitmoor ons het nie nog Blankes wat soos hy is ook nog nodig nie.
Sy prokureurs het nie eers die moeite gedoen om die staat se getuies te betwis of vrae aan hulle gestel om dit te betwis nie. Hulle weet ook dat die klein wetter skuldig is.

Jean-Marie ·

Ek kom vir die seun op omdat ek nie kan dit dat hy sy ouers vermoor het nie Seg. En ek ken nie eers vir Mag nie, weet nie eers wie dit is nie, so ek glo nie dat ons vriende is nie. Watse kind sal sy/haar ouers vermoor, tensy hulle dalk nie n rede het nie. Gee die seun bietjie kans om sy kant van die storie te stel. En die rede hoekom hy nie regtig emosie wys nie is die rede dalk dat hy geleer is dat hy nie mag huil nie. Ek hoor immers dat mense praat van “n Man mag mos nie huil nie!” dit is dalk die rede. Ek sal steeds aan die seun se kant bly! Maar ek kan sterk twyfel dat hy sy ouers en sy susters vermoor het! Daar is al soveel swartes want ons blankes vermoor, wie se dis dalk nie swartes wat sy ouers vermoor het nie, wie se hy het dalk wel op daai oomblik wat hy op sy ouers en susters se leike afgekom het dalk nie wel gehuil het en/of geskok was en selfs hartseer was nie?! Ek lig maar net my mening van die storie. Dis al, wil nie kritiseer nie. Maar as Mag as my “vriend” beskryf word dan is daar darem nog iemand wat aan my en die seun se kant is! Hoe meer mense die seun nie oordeel nie, hoe beter is dit op die ou einde van die dag! Daar is nog niks bewyse dat hy wel skuldig is nie!

Nog n ma ·

Sies, jy is walglik! Hoe kan jy so oordeel en klippe gooi! Als wys teen die seun, ja, maar hy verdien ‘n regverdige verhoor! Ek kry hom jammer, net soos Oscar. Omstandighede kan jou lewe ingrypend verander, dit is ‘n uitdaging om ‘normaal’ te oorleef in hierdie siek en korrupte lewe! Fokus liewers op die goed wat ons kan beinvloed en verander in stede van hipokretiese uitlatings!

MInx ·

Ek wil met als binne my glo dat die seun onskuldig is. Dit is erg om tedink dat n kind van sy ouderdom instaat kan wees om so ‘n moord/e kan pleeg. Ek volg nou al die verhoor van dat dit begin het, en niks wat die staat bevind het bewys dat die seun skuldig is nie. Dis n jammerte dat die bewys stukke teen die Skuldige persoon so swak is. Die vrou wat voor en toe gekom het en gesê het sy het iets met dit tedoen, was nie belangrik genoeg vir die staat om ondersoek in testel nie. Dis ‘n jammerte, want hulle het klaar hulle ”mind” op gemaak oor die seun, sonder bewyse.
Ek kan verkeerd wees, en dit kan die seun wees, maar ek hoop van harte dat dit nie hy is nie. Innocent until proven guilty…

Rageltjie ·

More julle! Wie kan hul dienste aanbeveel. Ek sien ons het sielkundige opvoeding nodig… Ek wou ook glo graag in die kind se onskuld glo, maar nou ja. Bewyse praat ander storie. Lekker dag julle

Elize G ·

Kom ons almal word wakker uit “lala-land” ? Julle sielkunde susters – wat kan so erg wees dat ‘n kind sy hele familie uitwis – hou die sielkunde vir jul kleinkinders, dit werk met hulle – hierdie jong mannetjie het alles beplan – en kom ek wed julle – dit sal nog uitkom – klein pes. Hy hoort in die tronk.

Peter Says ·

Jean-Marie, tans is hy die enigste verdagte, niemand anders is nog in hegtenis geneem vir die gruwel daad nie. Laat n mens wonder ???

Jean-Marie ·

Peter gaan bietjie terug en lees al die berigte van dag 1 af, dan kyk jy hoeveel keer hulle hulself weerspreek as jy kyk na al die getuies wat van die begin af voorgele is….. Baie swak ondersoek!!!!!!!!!!

JB ·

Al het sy mense “miskien” hom daartoe “gedryf”, was dit nog nie rede om hul koelbloedige/wreed te vermoor nie! Moord bly moord. Maar geld is gewoonlik die grootste euwel!!

MInx ·

Almal het eie reg van wat hulle dink en vermoed. Niemand kan eenige iemand kwalik neem vir wat hy dink reg en verkeerd is nie. In die saak, is dit 50/50… Niemand kan met volle reg en wysheid se dat die seun skuldig is of Nie skuldig is nie. Daar is geen bewyse wat sé hy het die sneller getrek of hy het Marthella verkrag. Daar is ook geen bewyse om tesé hy het nie die sneller getrek of haar nie verkrag nie. Ongelukkig/Gelukkig is ek een van die persone wat hoop en bid die waarheid kom uit, en dat hy wel Onskuldig is. Peter Says ek stem saam met jou, dat hy die eenigste persoon tot dusver is wat verdink word, maar ek kan ook sé die ondersoek was baie swak behartig as jy na al die goed luister wat in die hof uit gekom het. As ons onsself in daai kind se skoene sit, en dink wat jy sou gedoen het as jy 15/16 was in daai omstandighede. Sou jy nugter gedink het, sou jy besluite kon neem soos ons as volwasse mense???. Ek glo nie, daardie skok moet so groot wees, dat jy nie nugter kan dink nie. Ek weet ook van mense wat niks kan onthou in so situasie nie, asgevolg van die skok nie. As die staat regtig agter die storie wil kom, hoekom kry hulle nie ‘n sielkundige wat die kind se gedagtes kan ontleed nie. As hy die eenigste persoon is wat kan se wat daar gebeer het, kan ek nie glo hulle het nog nie probeer nie. Mens kry deesdae baie mense wat help in ondersoeke soos die. Daar is Hiepnose, daar is sieners.. Net om n duidlikheid tekry van of die seen werklik die waarheid praat of nie. Ek oordeel hom nie, maar ek glo altyd die beste in iemand, as hy wel skuldig is sal dit n swaarpil wees om tesluk vir baie mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.