Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg

Foto: OFM

Die minderjarige seun wat verdink word van die moord op die Steenkamp-gesin van Griekwastad, is Maandag borgtog toegestaan.

Die 16-jarige staan tereg vir die moord op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op hul plaas buite Griekwastad in April vanjaar.

Deon, Christelle en Marthella is op Goeie Vrydag op hul plaas doodgeskiet. Christelle (43) is na bewering eerste in die huis se oopplan televisiekamer geskiet. Sy het glo by ʼn rekenaar gesit en werk waar sy glo twee keer geskiet is. Die doodskoot was vermoedelik in haar agterkop. Deon (44) is glo volgende geskiet. Hy is drie keer geskiet waaronder een keer in die kop. Marthella (14) het glo probeer vlug en is buite die huis geskiet voor sy terug in die huis in gesleep is. Sy is na bewering twee keer geskiet waaronder een keer in die kop. Hulle is volgens berigte met ʼn .22-geweer en .357 Magnum-rewolwer geskiet wat aan Deon behoort het. Die egpaar se seun Don is die enigste oorlewende lid van die gesin. Hy het glo op hul lyke afgekom.

Rapport het Maandag op Twitter geskryf: “Die beskuldigde se familie is baie bly en van hulle vee trane van blydskap weg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.