Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink

‘n Foto van Deon, Christelle en Marthella Steenkamp tydens hul roudiens. Foto: Maricelle Botha/OFM

Die 16-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy ʼn gesin van Griekwastad op hul plaas vermoor het, staar nou ʼn addisionele klagte van verkragting in die gesig.

Die seun, wie se naam nie genoem mag word nie omdat hy minderjarig is, se moordverhoor begin volgende maand, berig Volksblad.

Volgens die berig is die klagtestaat by die Kimberley-hooggeregshof ingehandig, waar die saak op 11 Maart gaan begin.

Die seun is in hegtenis geneem vir die moord op die Noord-Kaapse boer, Deon Steenkmap (44), sy vrou, Christelle (43), en hul dogter, Marthella (14). Hulle is op 6 April verlede jaar in hul huis op hul plaas, Naauwhoek, doodgeskiet.

Die staat beweer nou Marthella is eers verkrag voor sy vermoor is. Die koerant het voorheen oor die moontlikheid van verkragting berig nadat kneusplekke op haar privaatdele gevind is. Dit kon  aandui op ʼn moontlike worsteling of verset, of verband hou met die feit dat sy baie perd gery het.

ʼn Addisionele aanklag van dwarsboming van die gereg is ook by die saak gevoeg. Volgens die berig is dit omdat die seun vir die Griekwastad-polisie gejok het ná die voorval en dat hy ʼn valse verklaring afgelê het.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlene ·

Hy het DRIE mense van sy gesin “vermoor”, maar loop op vrye voet rond en gaan selfs skool toe! Hoe bring jy die kloutjie by die oor, Oscar het net EEN persoon “per ongeluk” raak geskiet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.