Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag

‘n Foto van Deon, Christelle en Marthella Steenkamp tydens hul roudiens. Foto: Maricelle Botha/OFM

Die moordverhoor van die 16-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy ʼn gesin van Griekwastad op hul plaas vermoor het, skop vandag in die Kimberley-hooggeregshof af.

Die seun, wie se naam nie genoem mag word nie omdat hy minderjarig is, word ook van verkragting aangekla.

Die seun is verlede jaar in hegtenis geneem vir die moord op die Noord-Kaapse boer, Deon Steenkmap (44), sy vrou, Christelle (43), en hul dogter, Marthella (14). Hulle is op 6 April verlede jaar in hul huis op hul plaas, Naauwhoek, doodgeskiet.

Die staat beweer ook Marthella is eers verkrag voor sy vermoor is nadat kneusplekke op haar privaatdele gevind is. Dit kan aandui op ʼn moontlike worsteling of verset, of verband hou met die feit dat sy baie perdgery het.

ʼn Addisionele aanklag van dwarsboming van die gereg is ook by die saak gevoeg omdat die seun vir die Griekwastad-polisie gejok het ná die voorval en omdat hy ʼn valse verklaring afgelê het.

Die seun was verlede jaar laas in November in die hof toe die nasionale vervolgingsgesag teen sy R5 000-borgtog geappelleer het. Die seun is in September in ʼn voog se toesig vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.