Griekwastad-verhoor uitgestel

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Die ondersoekbeampte in die saak van drie moorde van die Steenkamp-gesin van Griekwastad was glo “in absolute pyn” voordat hy ‘n 16-jarige seun as ‘n verdagte aangewys het, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Woensdag gehoor.

“Ek het ‘n geestelike foltering beleef, die feite van die toneel… ‘n seun van 15 het soos die skuldige begin lyk,” het kol. Dick de Waal aan regter Frans Kgomo gesê.

Kgomo hoor tans getuienis aan in die moordsaak van ‘n 16-jarige seun, wat 15 jaar oud was toe die moorde plaasgevind het.

“Ek kon nie dink dat ‘n seun betrokke kon wees nie,” het De Waal getuig.

Noord-Kaapse boer Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en dogter Marthella (14) is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek vermoor.

De Waal het aan die hof gesê hy het van die begin af die seun die heeltyd die voordeel van die twyfel gegee. “Ons het alle moontlikhede weg van die seun oorweeg.” Hy sê die ondersoekspan het die seun uiteindelik in Mei verlede jaar, ‘n maand ná die moorde, in kennis gestel dat hy ‘n verdagte is. De Waal sê die vervolgingsgesag het aan hulle opdrag gegee dat die seun as ‘n verdagte behandel moet word en dat enige gesprekke met hom deur sy prokureur moet geskied.

Die hof het gehoor dat die seun se regspan, vandat hy as verdagte aangewys is, nooit gebel het om uit te vind hoe die ondersoek vorder en of enige ander verdagtes identifiseer is nie.

De Waal het getuig dat toetse vir vuurwapenoorskot op die slagoffers negatief was. ‘n Buskruittoets op die seun se hande was ook negatief, maar twee hemde het positief getoets.

De Waal het ook gesê die moordtoneel was “ongewoon”. Klik hier om meer hieroor te lees.

Willem Coetzee van die seun se regspan het aangedui dat hy sy kruisverhoor nie binne ‘n dag sal kan afhandel nie.

Kgomo het die saak tot 2 September 2013 uitgestel.

Lees ook:
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.