Die Wes-Kaapse hooggeregshof het ʼn tussentydse hofbevel uitgereik teen onwettige huisbesetters in Distrik Ses in Kaapstad.
“Die groep, wat beweer hulle is die oorspronklike grondeisers van Distrik Ses, het Saterdag onwettig hulself in 15 huise in gedwing en daar begin bly,” het Vuyani Nkasayi, woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Dinsdag in ʼn verklaring gesê.
“Die departement het met die groep mense probeer onderhandel, maar hulle het geweier om die huise te verlaat, waarna die departement hom tot die hof gewend het om ʼn dringende uitsettingsbevel te verkry.” Die bevel is Maandag toegestaan.
Die onwettige besetters het Dinsdagoggend tot 10:00 tyd gehad om hulself te ontruim.
Die saak sal weer Donderdag in die hof aangehoor word, waartydens die groep hulle saak sal aanbied.
dink ek mut een vd grand huise in die dorp beset en se dit was my oupa se grond