Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye: Hier is die top 25!

GALVAT logo met bootDie top 25-liedjies in Maroela Media se Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog is pas bekend gemaak.

Sowat 60 000 individuele stemme is uitgebring in die eerste stemrondte, waartydens die publiek vir hul gunstelinge uit die top 50 kon stem. Klik hier om vir die top 25 liedjies te stem. Teken in met jou Facebook-rekening of e-posadres.

Die 25 liedjies wat die meeste stemme gekry het, ingedeel in die vyf kategorieë, is soos volg:

Tradisioneel:
• Al lê die berge nog so blou
• Die Stem
• Ou ryperd
• Oukraalliedjie
• Suikerbossie

Tydlose treffers:
• Liefling
• Kinders van die wind
• Skipskop
• Sproetjies
• Sprokie vir ʼn stadskind

Populêr:
• Beautiful in Beaufort-Wes
• De la Rey
• Lisa se klavier
• Pampoen
• Stuur groete aan Mannetjies Roux

Raserig:
• Afrikaners is plesierig
• Dis ʼn land
• Ek skyn (heilig)
• Hemel op die platteland
• Klein tambotieboom

Kinderliedjies:
• Die lappop
• Ek’s ʼn dapper muis
• Heidi
• Liewe Heksie
• Trompie

Die publiek kan nou kom stem vir hul gunstelingliedjies in elke kategorie. Uit dié stemme word ʼn wenner in elke kategorie aangewys, en die vyf kategoriewenners ding uiteindelik mee om die titel Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye te ontvang. Die liedjie wat dié titel ontvang, word op 26 Oktober vanjaar bekend gemaak.

Die paneel beoordelaars, wat verskeie bekende name in die Afrikaanse musiek- en kultuurwêreld insluit, reken dié 25 liedjies is ʼn goeie, verteenwoordigende samestelling uit die aanvanklike byna 8 000 nominasies wat ontvang is. “Ek was veral verras oor Die Stem wat sy verskyning in die top 25 in ʼn kompetisie van hierdie aard gemaak het. Volksliedere is oor die algemeen goeie komposisies, en Die Stem is geen uitsondering nie. Dis asof die Afrikaanse publiek daarna gryp om te keer dat dit wegraak,” sê Johan van Rensburg, voorsitter van die paneel. “En ek is positief oor die toekoms van die Afrikaanse musiekbedryf as ek kyk na die mededingers in die populêre kategorie wat almal oorspronklike Afrikaanse komposisies is.”

Tinus Esterhuizen, een van die ander paneellede, beaam dit. “Dit is verblydend dat daar in elke kategorie meestal plaaslike komposisies is,” sê hy. “Die vertaalde liedjies wat wel die top 25 gehaal het, is liedjies met goeie, oorspronklike Afrikaanse lirieke wat lankal deel van die Afrikaanse musiekskat geword het, en net so eie is aan ons kultuur soos die oorspronklik Afrikaanse komposisies op die lys.”

“Vir my was een van die lekkerste verrassings die twee Koos du Plessis-liedjies wat die top 5 in die kategorie vir tydlose treffers gehaal het,” sê Anna-Retha Bouwer. “Koos du Plessis word duidelik deur die publiek gereken as een van die grootste liedjieskrywers in Afrikaans.”

Die publiek kan van Saterdagaand, 14 September tot Sondag, 29 September om middernag stem vir hul gunstelingliedjie in elke kategorie.

Sluit gerus ook aan by die Grootste Liedjie se Facebook-blad om op hoogte te bly met verwikkelinge in die veldtog.

Een deelnemer aan die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog wen ook aan die einde van die veldtog ʼn vierdag-bootreis vir twee op die MSC Opera, saam met die span van kykNET se Jukebox-musiekprogram. Weeklikse pryse soos iPods, ATKV-vakansies, FAK-sangbundels, boeke, CD’s en wyn is ook op die spel.

Vennote
Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog word aangebied deur Maroela Media. Vennote in die veldtog is kykNET en Virseker (hoofborge), Radio Pretoria, Groot FM, die ATKV, Jukebox, eNuus, AfriForum en die FAK.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Trippie ·

Tradisioneel ** Die Stem
Tydlose treffers ** Liefling
Populêr ** Pampoen
Raserig ** …………… ek hou nie hiervan nie.
Kinderliedjies ** Defnitief TROMPIE !

Gaan groot Maroela !

Kobie ·

My gunsteling is nie daar nie – Koos Kombuis se “Bicycle sonder ‘n slot”

Willy ·

Myne is:

1) Mammie is in die hemel, pappie is in die tronk.
2) Kalfiewals.
3) Deur die drif anderkant uit polka.
4) Wasemrige vensters.
5) Simbamba.

Amy ·

Wow, 5 liedjie wat tannie Carike al opgeneem het (4 by diekinder-afdeling) is daar. Way to go Tannie Carike!!!! Maar hoe op dees aarde het Dis ‘n Land by die raserige afdeling geland? Dis haar liedjie, en sy het dit eerste gesing. Waarom moet daai ander pop-groep nou die eer kry? Sal altyd Tannie Carke se liedjie bly.

Amy ·

My stemme:
Tradisioneel: Die Stem
Tydloos: Sprokie Vir ‘n Stadskind (my groott gunsteling) Koos Doep kon!!!
Populêr: Pampoen en ook dalk Mannetjies Roux
Raserig: Dis ‘n Land (maar net omdat dit Tannie Carike se treffer was)
Kinderliedjies: Heidi

WakkerLoop ·

Dankie. Ek geniet die Grootste Treffer kompetisie – dis baie opwindend en ek sien uit daarna om te weet wie die uiteindelike wenner gaan wees. Dankie nogmaals vir alles wat julle vir Afrikaans doen! Maroela Media Bo!!
(gewysig)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.