Gupta: “SA moet dankbaar wees”

Atul Gupta

Die sakeman Atul Gupta het Vrydag gesê Suid-Afrikaners moet dankbaar wees vir die belegging wat die Gupta-familie in die land gemaak het deur die veelbesproke huwelik hier te hou.

Die Gupta-familie is tans by Sun City in Noordwes om die troue van Vega Gupta (23) en die Indiese-gebore Aakash Jahajgarhia te vier.

Gupta het aan die SAUK gesê Suid-Afrikaners moet die familie eerder bedank as kritiseer omdat hulle invloedryke gaste aan die land blootstel deur die troue hier te hou in plaas van ʼn plek soos Mauritius.

“Daar is so baie wat ʼn mens hier kan sien, honderde mense kry werk en ons toerisme kry ʼn hupstoot,” het hy aan die SAUK gesê.

Gupta is die voorsitter van die familie-besigheid, TNA Media, wat The New Age-koerant uitbring. Die Gupta-familie besit ook ʼn groot deel van Sahara Computers.

Gupta sê hy verstaan nie waaroor die bohaai gaan dat hulle vliegtuig Dinsdag by Waterkloof-lugmagbasis geland het nie. “Ek verstaan nie wat hulle soek nie, die vliegtuig het toestemming gehad. Geen vliegtuig in die wêreld kan êrens land sonder toestemming nie,” het hy gesê

Verskeie staatsdepartemente weier om verantwoording te neem dat hulle toestemming verleen het vir die vliegtuig om daar te land. ʼn Volledige ondersoek is van stapel gestuur.

Lees ook:
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Nuuskommentaar: Hulle lieg so lekker want hulle vlieg so lekker
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

sandy van litsenborgh ·

Mr Gupta we don’t have to be grateful for your money we have our own go back to where you came from and be kind while you climb to the top who knows who you may meet on your fall to the bottom!

Peet ·

Meester Gupta has a very beeg sense of his importance, no?! But he is not realizing that we were not born under one of the jatis in india. We are free. And we not be needing his money – no argument. Mr. Ghandi would have told him that we are not like the discriminated-against castes of India and that we do not believe in untouchability. So he be taking his money his plane (pay the taxes) and his FRIEND and go play at home nicely, OK?

Eduan ·

Wat het hierdie mense vir SA gedoen dat ons dankbaar oor moet wees, al wat hulle tot nou toe gedoen het was om te bewys hoe onbevoeg die regering is. Dat hulle nie eers weet dat daar n vliegtuig op Waterkloof gaan land nie. Dat onbevoegte lugverkeer hulle nie kon weg wys nie. Dat daar polisie was om die begelyding te doen inplaas van om krimenele te soek. Dat die President seker nog n bord kos gaan kry om stil te bly oor die debakel. Al wat goed is van die hele ding is n bewys dat die land oor meer onbevoegte staads amptenare beskik as die hele India en Mauritius saam.

Etienne ·

Grapgat, net die regerings beamptes in sy sak het iets om oor dankbaar te wees, verder sien jan publiek niks van sy sogenaamde investment nie. Selfs al is sun city vol bespreek desember of vakansie tye kry niemand van ons enige voordeel nie so hoe kry hy daai krom kloutjie by die oor?
Belasting miskien, die korrupte varke waarmee hy homself assosieer of steel die geld wat hy inbetaal as belasting, of hy het vergunning om min of niks belasting te betaal nie agv die werksgeleenthede wat hy glo skep.
Nee wat gupta, gaan terug waar jy vandaan kom….suid afrika verdien nie jou soort nie!

PIET ·

AAN DIE AROGANTE RIETKAPPER VAN INDIE, GAAN TERUG DAARHEEN VAT JOU INVESTMENT EN KORRUPTE SA AMPTENARY SAAM. DOEN SUID AFRIKA DAAI GUNS EN SIEN HOE DANKBAAR IS ONS DAN.

Willie ·

Sorry ou Gupta jy help nie die land met meer geld nie , al wat jy nou gedoen het is om vir ons te bewys hoe korup ons regering is en nou het jy vir HULLE meer geld gegee , nie vir die land en sy mense nie , dis net in die SA wat jy dit kry .

H J Bester ·

Willie, en wat Gupta nie vir die Suid-Afrikaanse inwoners sê nie is die massiewe hoeveelheid belastingbetalers-gelde wat die ANC-regering in die hul New Age-koerant inpomp vir sogenaamde dienste gelewer – vêr bo wat enige ander plaaslike publikasie ontvang. So, die Suid-Afrikaanse belastingbetalers het dus indirek ook die spoggerige huwelik en onthaal by Sun City finansier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.