Gupta-sage: Verslag gaan in parlementêre debat bespreek word

Die bruidspaar, Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia by die Valley of Waves, Sun City Foto: Haranath Ghosh, Twitter

Die bevindings van ‘n voorlopige verslag van die onregmatige landing van die Gupta-familie se privaatvliegtuig op die Waterkloof-lugmagbasis sal nié geheim gehou word nie.

Edna Molewa, die waarnemende minister van prestasiemonitering en -evaluering, het bevestig dat die verslag bekendgemaak sal word aan die publiek, en dat gerugte dat die verslag geheim gehou gaan word, ʼn misverstand is.

Die ANC het Donderdag in ʼn verklaring gesê die verslag sal in ʼn parlementêre debat bespreek word. Die debat gaan op 22 Mei plaasvind wanneer president Jacob Zuma en ander rolspelers terug is in Suid-Afrika, ná hul huidige besoek aan Rusland.
“Ons voorstel om die debat op 22 Mei te hou is deur al die betrokke partye goedgekeur,” het die ANC in ʼn verklaring gesê.

Lees ook:
Gupta-uitnodiging opgeblaas
ANC: Gupta-debat gaan nie oor Zuma
Gupta-sage: Agt metropolisie amptelik geskors
Gupta-sage: Indiese Hoë Kommissie bevestig toestemming
Weermag het toe glo toestemming gegee vir Gupta-landing
Gupta-sage: Metropolisielede terug by die werk
Gupta-sage: Familie vra om verskoning, verwelkom ondersoek
Guptas-troue: Hotelgroep ontken “rassisme”
Zuma verwelkom Gupta-ondersoek
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.