Gyselaarsdrama in PE: Pa en seun wil selfmoord pleeg

Die apteek waar die gyselaarsdrama hom tans afspeel Foto: Google Earth

Die apteek waar die gyselaarsdrama hom tans afspeel Foto: Google Earth

ʼn Pa (53) en sy 19-jarige seun het Maandag by ʼn apteek in Port Elizabeth ingestap en hulp gevra om selfmoord te pleeg, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

“Die twee het omstreeks 12:00 glo by Seaview-apteek ingestap en inspuitings van die personeel geëis om selfmoord te pleeg,” het kapt. Stanley Jarvis, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die personeel het twee inspuitings oorhandig, maar dit was slegs verdoofmiddels.”

Nadat hulle die medikasie geneem het, het die mans die personeel toegelaat om die apteek te verlaat. “Dit is nou slegs die twee van hulle binne die winkel,” het Jarvis gesê.

Ooggetuies het die polisie in kennis gestel dat een van die mans ʼn vuurwapen by hom het en die ander ʼn ploftoestel. Die twee het nie enige eise gemaak nie, buiten dat die polisie nie die winkel moet betree nie. Die res van die kompleks is ook ontruim.

“Ons probeer die situasie oplos sonder dat enigiemand seerkry,” het Jarvis gesê.

Dit is nog nie duidelik waarom die pa en sy seun wil selfmoord pleeg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trudie ·

Die polisie het beslis beter take om te verrig, as mense wil selfmoord pleeg los hulle dat hul dit doen!

Suzette ·

plaas die personeel gee hulle paar brooklax pille, en daarmee saam die inspuitings, maar vir die senuwees, hulle sal hulle so bevuil dat hulle nie sal worry oor selfmoordpogings nie, dis wat mens nou noem, aandagsoekende lafaards.

Dinknet ·

Wie presies is nou die “gyselaars”?? Almal in apteek is dan laat gaan en net hul is daar binne? Niemand word mos dan gyselaar gehou?

Ronel ·

Julle is gou om te oordeel dis my broer en my broers kind … en aan die mense van die apteek ek is vreeslik jammer oor alles wat hulle deur gemaak het ek sit en huil elke dag want nie een van die 2 is sleg nie en ek is so ver ek kan nie eers hulle sien nie en ek is baie lief vir hulle so judge maar onthou net God is al 1 wat gaan judge 1 dag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.