Henning-moord: Verdagte vra meer tyd

Die borgtog-aansoek van ‘n beskuldigde in die Chanelle Henning-moordsaak, Ambrose Monye, is vandag weer in die landdroshof uitgestel.

Monye, ʼn voormalige Nigeriese atleet,  het vir meer tyd gevra om sy finansiële sake agter mekaar te kry om sy aanvanklike regspan te betaal na hy Legal Aid regshulp van die hand gewys het. Hy is die versoek toegestaan en moet volgende Donderdag weer in die hof verskein.

Die verhoor van André Gouws, ʼn medebeskuldigde, is van die Pretoriase landdroshof na die Noord-Gautengse hooggeregshof oorgeplaas. Die saak sal na verwagting van 19 tot 30 November aangehoor word.

Henning is in November in Faerie Glen, Pretoria, deur ‘n man op ‘n motorfiets doodgeskiet na sy haar seun by sy kleuterskool afgelaai het. Willem Pieterse en Gerhardus du Plessis dien reeds ‘n vonnis van 18 jaar uit vir hul aandeel in die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.