Heyns-moordsaak: Twee trek borgaansoek terug, een veg voort

Dr. Louis Heyns

Die borgtogaansoek van een van die drie mans wat betrek word by die moord op dr. Louis Heyns word Dinsdag in die Somerset-Wes-landdroshof voortgesit.

Marthinus van der Walt (33), sy broer Sarel (42), en die eienaar van die kapwinkel in Malmesbury waar Heyns se voertuig gevind is, Juan Liedeman (37), het Maandag weer in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Die Van der Walt-broers het hul borgtogaansoeke laat vaar en bly in aanhouding. Die broers word van moord en roof aangekla, terwyl Liedeman van roof en as medepligtige aan moord aangekla word. Liedeman se borgtogaansoek is tot Dinsdag uitgestel.

William Booth, Liedeman se regsverteenwoordiger, het gesê hy is vol vertroue dat Liedeman gaan borgtog kry.

Intussen berig RSG die Nasionale Vervolgingsgesag het gesê hy sal Liedeman se borgaansoek teenstaan aangesien Liedeman van ‘n skedule ses misdaad aangekla word en die verdediging nie daarin geslaag het om te bewys dat hy borgtog moet kry nie

Heyns was ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch en ʼn pediater by die Tygerberg-hospitaal. Hy was vir ʼn week lank vermis voor sy liggaam op 30 Mei in die Strand-omgewing gevind is. Sy liggaam is in ʼn vlak graf onder ʼn boom naby die minigholfbaan in Kusweg gevind.

Lees ook:
Heyns-moord: Drie weer in hof
Nog drie vas vir moord op Kaapse pediater
Drie in hof vir moord op Kaapse pediater
Vermiste pediater dood gevind
Polisie soek steeds na vermiste pediater
Kaapse pediater steeds vermis
Kaapse pediater vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.