Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê hulle het vroeër ʼn oproep gekry dat mense ondergronds vasgekeer is. “In die eerste noodinligtingsessie is daar vasgestel dat nagenoeg 30 mense aan die bokant van die mynskag vasgekeer is en die res teen ʼn steil tonnel af.” Vermaak sê nooddienspersoneel wag vir mynreddingsdienste om hul by te staan. “In die stadium is ons nie seker hoeveel onwettige mynwerkers is beseer nie. Wanneer hulle eers bevry is sal mediese personeel hulle ondersoek en die nodige behandeling voorsien.”
Honderde onwettige mynwerkers glo ondergronds vasgekeer
Verskeie nood- en reddingsdienste is tans op die toneel by ‘n ou mynskag in Benoni aan die Oos-Rand waar nagenoeg 200 onwettige mynwerkers glo ondergronds vasgekeer is.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.