Nagenoeg 1 200 soldate en drie oorlogskepe, tien vliegtuie en ses helikopters vertrek volgende week na die Filippyne om met noodverleningswerk te help ná ‘n dodelike tifoon die land getref het.
Die soldate vertrek reeds volgende week tussen Maandag en Vrydag en sal hulle veral op die verspreiding van hulpbronne, mediese hulp en kwarantyndienste toespits.
Japan stuur nou versterkings nadat die land aanvanklik 50 noodreddingswerkers na die tifoongeteisterde land gestuur het. Dit is die grootste afvaardiging wat dié land al ooit gestuur het vir noodverligting in die buiteland.
Dit is die eerste keer sedert 1944, toe een van die grootste veldslae van die Tweede Wêreldoorlog op dié eiland plaasgevind het, dat Japannese soldate aktief diens sal doen in Leyte.