Jasmin: Groep stap uit oor politiek

Jasmin Pretorius

Jasmin Pretorius

‘n Groot groep roubeklaers het Vrydag uit die Siloam Ministries-kerk in Brakpan gestap tydens ‘n biddiens vir die vermoorde Jasmin Pretorius, berig die Saturday Star.

Diegene wat die diens verlaat het was meestal motorfietsryers wat hul laaste eer kom betoon het. Die skare mens het uitgestap nadat die seremoniemeester, ‘n polisiebeampte, vir Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, verwelkom het. ‘n Afvaardiging van die ANC-vroueliga het ook die diens bygewoon. Die seremoniemeester het glo ook ander ANC-politici bedank vir hul bywoning. “Die is nie ‘n politieke ding nie. Dit is vir ‘n wit kind wat vermoor is,” het Riaan Steenkamp, een van die motorfietsryers, gesê toe hy uitgestap het. Phiyega het tydens die diens gesê: “Dit is nie ‘n dag vir groot toesprake nie, ons wil saam bid.” Lt.genl. Lesetja Mothiba, waarnemende polisiehoof in Gauteng, sê Phiyega het van verlof af teruggekeer ten einde die diens te reël.

Jasmin is Saterdagaand vermoor en verkrag in haar pa se woonstel gekry. Haar oom is in verband met die misdaad in hegtenis geneem en het Maandag in die Brakpan-landdroshof verskyn. Die saak is tot 7 Januarie uitgestel.

Lees ook:
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
Video: Gemeenskap woedend oor Jasmin Pretorius
Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

So stap ons saam, tree vir tree. Wat wil die regering bewys ???????

Hendrik ·

Laakbare stemmevryery.Dit kom uit die heel laagste om so n geleendheid vir n vrot politieke bestel te gebruik.Tipies Afrika mentaliteit.

ai toggie ·

Flip dis uiters swak van mense om op te staan en te loop! Ek kry skaam om te sê ek is wit. Hier treur wit en swart saam oor n wit kind soos die persoon sê. Of dit wit of swart is – ‘n kind bly ‘n kind. Kom nou mense – ons noem ons self Christene maar dis hoe jul maak as mense kom om saam te bid! Ek sak my kop in skaamte! Sies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.