Jasmin-moord: Groot polisieteenwoordigheid by hof

Jasmin Pretorius

Jasmin Pretorius

Die 23-jarige oom van die vermoorde en verkragte Jasmin Pretorius (4) het Maandag vlugtig vir die derde keer in die Brakpan-landdroshof verskyn.

Alhoewel daar Maandag minder betogers by die hof was as tydens die man se vorige verskynings, was daar steeds talle polisiebeamptes. Die mense het pienk T-hemde aangehad, dieselfde kleur hempie wat Jasmin aangehad het die dag toe sy vermis geraak het.

Die verdagte is op 28 Desember in hegtenis geneem nadat Jasmin vroeër dieselfde Saterdag as vermis aangemeld is. Die polisie het familielede ondervra waarna die verdagte glo erken het hy het haar verkrag en vermoor. Hy het ʼn verklaring afgelê waarna hy die polisie na die meisie se liggaam geneem het. Haar liggaam was onder ʼn bed in haar pa se woonstel in Voortrekkerstraat in Brakpan weggesteek.

Die saak is tot 13 Maart uitgestel. Hy bly in aanhouding tot dan.

Lees ook:
Jasmin-moord: Oom weer in hof
Jasmin vandag veras
Jasmin-moord: Saak uitgestel
Jasmin-moord: Oom in hof
Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon
Jasmin: Groep stap uit oor politiek
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
Video: Gemeenskap woedend oor Jasmin Pretorius
Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.