Jasmin-moord: Saak uitgestel

Ondersteuners drom buite die hof saam. Foto: Amanda Watson / Citizen / Twitter

Ondersteuners drom buite die hof saam. Foto: Amanda Watson / Citizen / Twitter

Die man wat daarvan verdink word dat hy sy vierjarige broerskind, Jasmin Pretorius, verkrag en vermoor het, het Dinsdag vlugtig in die Brakpan-landdroshof verskyn.

Die blonde 23-jarige verdagte het ʼn gestreepte swart en grys T-hemp en ʼn sweetpakbroek aangehad. Hy het gedurende die hofverrigtinge na sy hande gestaar.

Die hof was volgepak met ondersteuners wat pienk T-hemde aangehad het, dieselfde kleur T-hemp wat Jasmin aangehad het toe sy vermoor is. Geen selfone, kameras, tablette of skootrekenaars is in die hof toegelaat nie.

Landdros Khatija Abba het die saak tot 13 Januarie uitgestel, aangesien die verdagte aangedui het dat hy wil aansoek doen vir ʼn staatsprokureur. Intussen het ʼn groot groep mense buite die hof saamgedrom en aangedring dat die man vrygelaat word, sodat “geregtigheid” kan geskied.

Lees ook:
Jasmin-moord: Oom in hof
Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon
Jasmin: Groep stap uit oor politiek
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
Video: Gemeenskap woedend oor Jasmin Pretorius
Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ai ai ·

Askies, vir dink word? hy is ‘n kindermoordenaar & verkragter!

AmY ·

Verskoon my… Hy word verdink? Maar joernaliste moet seker maar ‘diplomaries wees.’

Louise ·

Ja laat hom los, moenie hom hofstraf gee nie, die gemeenskap sal hom hanteer!

sarie ·

So jonk en dun sulke dinge,vir wat “n staats prokureer,gee hom vir die gemeenskap,dis waar ek weer sal se bring die doodstraf terug,die wat net dink aan n oortreding sal 2keer dink.
Dat ‘n klein kind se lewe op so wyse moet eindig.gooi hom in die tronk en gooi die sleutel weg.

Justi ·

Die gemors mag dalk aansoek doen vir n staatsprokureur, maar hy sal kry wat hom toekom.
Dit sal die staat en belastingbetaler n klomp geld spaar as die vuil uil eerder aan die gemeenskap oorhandig word, wat beslis nie sal gebeur nie.
Hy sal wel in die tronk verjaar sonder koek, wanneer hy gevonnis is die walglike barbaar. Die ander prisoniers gaan hom wel beetkry…………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.