Jasmin vandag veras

Jasmin se kissie. Foto: Hester Jacobs / Facebook

Jasmin se kissie. Foto: Hester Jacobs / Facebook

ʼn Privaat verassingsdiens word Donderdag vir die vierjarige verkragting- en moordslagoffer, Jasmin Pretorius, in Benoni gehou.

Talle roubeklaers het Woensdag haar roudiens in Brakpan bygewoon, waar mense haar vir oulaas in ʼn klein pienk kissie kon groet. Dis kis is in ʼn glas-sleepwa vervoer.

Jasmin se familie het ná die diens gesê haar dood het die land laat saamkom en bewusmaking geskep oor geweld tenoor vroue en kinders.

Colin Bam, Jasmin se oupa, het gesê hy is trots op Jasmin se ma, Sasha-Lee Bam, wat braaf was gedurende die moeilike tyd. Sasha-Lee het verskeie doodsdreigemente ontvang van gemeenskapslede wat haar beskuldig het dat sy haar kind verwaarloos het.

Jasmin se liggaam is twee weke gelede onder haar bed in haar pa se woonstel in Brakpan opgespoor nadat sy as vermis aangemeld is. Haar oom (23) word van haar moord en verkragting verdink. Hy het reeds in die Brakpan-landdroshof verskyn waar hy staatsregshulp versoek het. Hy bly in aanhouding totdat hy weer op 13 Januarie in die hof moet verskyn. Sy naam mag nie bekend gemaak word alvorens hy gepleit het nie.

Lees ook:
Jasmin-moord: Saak uitgestel
Jasmin-moord: Oom in hof
Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon
Jasmin: Groep stap uit oor politiek
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
Video: Gemeenskap woedend oor Jasmin Pretorius
Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Justi ·

In my hart huil ek vir die pragtige kindjie wie se lewe kort geknip is, op so n wrede manier deur n uitvaagsel.

Slaap sag Jasmin. Jy word veilig in Jesus se arms vasgehou en gekoester.

Mag daardie gemors wat jou so seergemaak het sy straf kry………………die walglike afskuwelike verskoning van n mens!

Sanet van der Bank ·

Sy naam mag nie bekend gemaak word nie??? Die Volksblad het reeds sy naam bekend gemaak as Sarel du Toit…

Jeanette ·

Ek sal so ‘n persoon met my kaal hande dood maak as hulle iets aan my kinders moet doen!

Mariska ·

Ek en my meisiekind het vir Jasmin geken, en dis swaar vir ons, rus in vrede Jasmin “you will be missed”!!!!

sarie ·

Vir die ma van Jasmin,baie jammer jy het jou dogter verloor op die manier,My jongste seun is oorlede 6jaar terug en vandag sy verjaarsdag,dis bitter swaar vir ons as moeder,daar om wil ek vir jou sterkte toe wens en al my simpatie.Hoop daai man sal hang tot daar nie meer lewe oor is nie.

HEIDI FOURIE ·

Ek woon tydelik in Brakpan en het aan die eerste optog deelgeneem van die woonstel waar dit plaas gevind het na die hofgebou toe. En dit kan ek se: Hul kan van Brakpan se net wat hul wil maar die mense van Brakpan het daai dag soos een man saam gestaan.
My hart is stukkend!!!!! Ek is ‘n ma van 2 dogters en ouma van 2 klein dogters en dit breek my hart.
Wat my pla is hoe kon die ouma niks hoor nie??? En hoekom moes die pa daai naweek uitgaan. As dit sy naweek saam die kinders is doen dan iets saam die kinders en gaan “jol” wanneer dit nie jou naweek is nie.
Hierdie hele storie het net te veel “loop holes”.

Die beskuldigde is nie ‘n mens nie ook nie ‘n dier nie want diere doen nie sulke goed nie! Ek weet regtig nie wat om van die ding te dink nie!
Elke artikel wat ek lees wil ek my oe uithuil oor die mooi engelgesig dogtertjie wat so wreed aan haar einde moes kom. Kinders sterf dit weet ek en dit is deel van die lewe MAAR geen kind moet so sterf nie.

zella ·

“bewusmaking geskep oor geweld teenoor vroue en kinders”
Vroue en kinders word glad nie beskerm in die land nie. Daarvan kan ek getuig. Dis baie hartseer
soos in klein Jasmin se geval dat al wanner aandag aan so situasie gegee word is wanneer die ergste reeds gebeur het. Geweld teen vroue en kinders maak nie saak nie al daag jy op met al die bewyse..fotos you name it.
Jy kom net mooi flippen nerens!!!!
Sterkte an die familie van die engelkind. Sarel mag jy kry wat jy verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.