JHB-gasbrand onder beheer

Foto deur die gebruiker @plessisjacques op Twitter gelaai

‘n Brand wat Woensdagmiddag by ‘n laboratorium in Kemptonpark uitgebreek het, is onder beheer gebring.

“In hierdie stadium is ons vol vertroue dat die brand nie sal versprei nie,” het William Tladi, woordvoerder vir Ekurhuleni nooddienste, gesê. “Die vlamme is nou nie meer so groot nie. Ons het die brand onder beheer gebring.” Volgens Tladi is niemand beseer of dood nie.

Die brand het omstreeks 14:00 by Carbotec-laboratorium naby Kelvinweg in Spartan, ‘n nywerheidsgebied in Kemptonpark, uitgebreek. “Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.”

Volgens Tladi was daar vroeër ontploffings in die laboratorium weens silinders wat in die gebou gestoor is. Die inhoud van die silinders is nog nie bekendgemaak nie. “Daar was ook twee 20 000 liter tenks, een met propaangas en ‘n ander met butaangas,” het hy bygevoeg. “Dit is uiters vlambare gasse.” Die twee tenks is egter nie meer ‘n bedreiging nie, aangesien die brand onder beheer gebring is.

Intussen is een persoon dood en ses ander beseer ná ‘n ontploffing by ‘n gasaanleg in Kaapstad. Klik hier om meer te lees.

Foto deur die gebruiker @plessisjacques op Twitter gelaai

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.