Joost-boeksage nog nie oor

joost15Die hooggeregshof in Pretoria het vandag ʼn dringende aansoek deur die oud-Springbok Joost van der Westhuizen aangehoor om die vrystelling van ʼn boek wat glo “alles vertel” oor sy huwelik met Amor Vittone, te probeer verbied.

Die dringende aansoek sou Dinsdag in die hof aangehoor word, maar het na Woensdag oorgestaan omdat die hofrol vol was. Die boek met die voorlopige titel “Joost en Amor – agter die skerms” is geskryf deur die vermaakjoernalis Gavin Prins, wat ook die adjunkredakteur van die Heat-tydskrif is. Die boek is geskeduleer om in Oktober te verskyn. Random House Struik is die uitgewers wat saam met Prins die aansoek teenstaan

Na albei kante hul sake gestel het, het regter Bertelsmann Woensdag gesê hy gaan Vrydagoggend uitspraak in Van der Westhuizen se aansoek teen Prins, Random House Struik lewer.

Meer inligting volg binnekort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adriaan Theron ·

Hoe weet Gavin Prins wat agter die skerms in Joost en Amor se huwelik aangegaan het of steeds aangaan?

Wetsgehoorsaam ·

Hy was glo n “sogenaamde vriend” van die egpaar het ek erens gelees. Met sulke “vriende” het mens nie eens vyande nodig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.