Justin Bieber vas oor dronkbestuur, onwettige straatresies

Justin Bieber na sy inhegtenisneming Foto: @miamibeachpd, Twitter

Justin Bieber na sy inhegtenisneming Foto: @miamibeachpd, Twitter

Die polisie in Miami Beach het bevestig dat die sanger Justin Bieber Donderdag in hegtenis geneem is nadat hy glo aan ʼn onwettige straatresies deelgeneem het terwyl hy glo onder die invloed van alkohol en dwelmmiddels was.

WTVJ in Miami berig hy het met ʼn gehuurde Lamborghini gery.

Die 19-jarige se verteenwoordigers en prokureur het nog nie kommentaar gelewer nie.

Sersant Bobby Hernandez, woordvoerder vir die Miami Beach-polisie, het aan NBC Miami gesê die voorval het omstreeks 04:00 plaasgevind en Bieber het nie sy asemtoets op die toneel geslaag nie.

Raymond Martinez, hoof van die polisie, het aan die Miami Herald gesê ʼn toets het aangetoon Bieber was onder die invloed van dwelmmiddels. Bieber het glo erken dat hy dagga gerook, alkohol gebruik en voorskrifmedikasie gebruik het.

Bieber het glo ook sy inhegtenisneming sonder geweld teëgestaan.

Volgens ʼn polisiebeampte het die twee betrokke motors tussen 88 en 96 km/h in ʼn 50 km/h-sone gery. Die tweede voertuig was glo ʼn rooi Ferrari wat moontlik deur een van Bieber se vriende bestuur is.

Volgens die dossier wat die polisiedepartement op sy Twitter-rekening publiseer het, het Bieber se Georgia-rybewys boonop verval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ivan ·

Klink vir my of die twee karretjies net weg getrek het en nog in eerste rat was as ek so na die spoed lesing kyk.

william ·

Die roem en rykdom is besig om sy tol te eis. Dit is net n kwessie van tyd dan kry hulle sy lyk in n hotel kamer. Sy lewe is buite beheer.Hy het geen talent as sanger nie,

micky ·

Hy gooi sy lewe in die asblik!! My 2 tiener dogters het mal gegaan oor hom,watse voorbeeld is dit vir vandag se tieners?? Dwelms,Stripclubs,Drank en verkeerde vriende is als wat ons wil verhoed by ons kinders,nee a dis dan beter om nie so baie geld te hê nie!!!

Theresa ·

Klein snotgat wat geld het en nou dink hy, hy is “immortal”. Nog ‘n begrafnis een van die dae………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.