Kaapse vloede saai chaos

Dele van die Paarl in onder water. Foto: @IsgaakGaidien/Twitter

Dele van die Paarl in onder water. Foto: @IsgaakGaidien/Twitter

Kaapstadse owerhede het hul hande vol nadat gure weersomstandighede die stad getref het, en verskeie vloede veroorsaak het.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampbestuursentrum, het gesê ‘n noodsentrum is opgerig vir slagoffers wat deur die vloede geraak word.

“Die slegte en gure weer wat die Wes-Kaap getref het, raak meer as 10 000 mense,” het Solomons-Johannes Vrydag gesê.

Swaar reën en koue temperature gaan na verwagting tot die naweek voortduur.

“Die swaar reënval word vererger deur die koue en nat weeromstandighede. Nog ʼn kouefront word Saterdag verwag.”

Volgens Solomons-Johannes is die gebiede wat die ergste geraak word Philippi, Nyanga, Gugulethu, Khayelitsha, Lwandle, die Kaapse Vlakte en Somerset-Wes.

Die noodsentra versprei kos en komberse.

Solomons-Johannes het gesê riviere kan oorstroom as gevolg van die aanhoudende neerslag en het inwoners versoek wat naby rivieroewers bly, om versigtig te wees.

Lees ook:
Reën, ysige weer in die Kaap veroorsaak chaos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willy ·

Kaap van Storms doen sy naam gestand. Ons Kaapse forum friende moet maar onder die komberse bly die naweek en as julle uit moet gaan, wees versigtig.

Flash ·

Oooo, ek bly lekker innie Kaap in, en wiet van niks van al hierdie onheile nie!
Behalwe so 9 mm reen gister en 48mm die vorige dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.