Kaapstad kry dalk ‘slim’ toilette

Argieffoto

Die Stad Kaapstad oorweeg dit om mikroskyfies op draagbare toilette aan te bring wat sal monitor of dit in stand gehou of rondegeskuif word.

Volgens die Cape Times volg die besluit na ʼn onlangse oudit in Khayelitsha wat bevind het dat die toilette nie behoorlik skoongemaak of in stand gehou word nie.

Ernest Sonnenberg, van die burgemeesterskomitee, het gesê die oudit moet eers behoorlik bestudeer word, maar in die stadium is die mikroskyfies ʼn moontlikheid om die probleem op te los.

Sonnenberg het gesê van 2006 en 2007 tot 2011 en 2012 het die hoeveelheid toilette in informele nedersettings van 10 591 tot 34 225 toegeneem. Hy sê dié toename maak dit moeilik vir die stad om al die sanitasiedienste behoorlik in stand te hou.

Volgens die berig is meer as die helfte van die 256 toilette in Khayelitsha onbruikbaar, 170 is erg beskadig en ʼn gemiddeld van 17 gesinne deel ʼn toilet.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.