Twee soldate het gesterf tydens die voortdurende militêre aksie by die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia, waar hulle kon slaag om byna al die gyselaars te bevry.
Ole Lenku, die kabinetsekretaris vir Kenia se departement van binnelandse sake, het Maandag omstreeks 13:45 (Suid-Afrikaanse tyd) bevestig hulle is in “volle” beheer van die situasie.
“Daar is nie ʼn rede om paniekerig te wees nie, ons het alles onder beheer,” het hy gesê. “Ons het beheer oor al die vloere van die winkelsentrum en het die gebou afgesper,” het hy byvoeg.
Lenku het tydens ʼn perskonferensie gesê al die terroriste is mans, alhoewel sommige van hulle soos vroue aangetrek het om die situasie te bemoeilik. Tussen 10 en 15 mans het aan die gewapende aanval deelgeneem. Hy het gesê soldate het die brand in die winkelsentrum laat ontstaan, maar dat dit gou onder beheer gebring sal word.
Intussen word die dodetal op 69 beraam en nagenoeg 175 mense is beseer. Party mense word nog vermis.
Lees ook:
Video: Spesiale magte help by Kenia-bloedbad
Video: Binne die Kenia-bloedbad
Kenia-bloedbad: SA’ner se naam bekend
SA’ner sterf in Nairobi-aanval
Kenia-bloedbad: SA’ners in winkelsentrum vasgevang, skietery duur voort
Nairobi-winkelsentrumskietery: Al-Shabaab se twiets
Minstens vyftien dood in Nairobi-winkelsentrumskietery
Die Keniaanse Weermag moet geloof word vir hul optrede en om die situasie onder beheer te kry en dus al die gyselaars te kon bevry. Deernis egter met die baie wat gesterf het asook die 2 sondate.
Die ganse wêrerld behoort hulle agter Kenia te skaar en hulp te verleen om hierdie daad van terrorisme te beveg.