Kleinfontein sê afsondering gaan nie oor ras

Kleinfontein, ’n gemeenskap buite Pretoria, het Donderdag tydens ʼn debat met die DA-jeug volgehou dat die kriteria vir inwoners nie op ras gebaseer is nie.

Jan Groenewald, voorsitter van Kleinfontein se direksie, sê die gemeenskap van Kleinfontein wil bloot net hulle waardes in afsondering uitleef. “Die mense wat vrye toegang tot Kleinfontein het, wat aansoek kan doen, is Afrikaners. Dit is basies mense wat hulle vereenselwig met ons Voortrekker-geskiedenis, die Bloedrivier-verbond en al die historiese feite wat verband hou met ons stryd vir onafhanklikheid vir die Afrikaner-mense,” sê Groenewald. Hy sê die kriteria om in Kleinfontein te woon is “gebaseer op kultuur, taal, tradisie en godsdienstige oortuigings”. Groenewald sê jy kan nie ras gebruik om enigiets te bepaal nie. ʼn Klein groepie DA-jeug ondersteuners het Donderdag voor die ingang van Kleinfontein betoog. Mbali Ntuli, DA-jeugleier, en ʼn paar ander lede is ingenooi om met leiers van Kleinfontein te vergader. Groenewald het dit aan hulle voorgehou dat die grondwet die bestaan van hulle gemeenskap toelaat. Hy sê Afrikaner-selfbeskikking, soos gewaarborg deur artikel 235 van die grondwet, is die hoeksteen waarop die gemeenskap gebou is. “Ons voel dat die gesprek met die DA-jeug en hulle leierskap uiteindelik konstruktief was.”

Groenewald sê Kleinfontein is in gesprek met die Tshwane-munisipaliteit rakende dienslewering. “Ons sal daarvan hou om ons eie dienste te lewer, soos wat ons nog altyd doen.” Die gemeenskap se water word verskaf deur natuurlike fonteine en hy koop sy elektrisiteit in grootmaat by Eskom aan. Dannie de Beer, ʼn plaaslike sakeman, sê alle konstruksie en handearbeid in Kleinfontein is of deur inwoners of werkers wat deur die raad goedgekeur is, gedoen. Kleinfontein het sowat 1 000 inwoners en het sy eie laerskool, ouetehuis en wildreservaat. De Beer sê Kleinfontein huisves ryk en arm inwoners. Hy sê mense sal dikwels by die hek opdaag met net ʼn sak klere. Indien hulle kwalifiseer sal ʼn woning in die karavaanpark aan hulle toegeken word en sal hulle in Kleinfontein werk. Ronelle Berrington, ʼn enkelma, sê sy het na Kleinfontein getrek ter wille van haar kinders. “Jou kinders het vryheid van beweging,” het die ma van vier gesê.

Gerhard Schutte, ʼn inwoner, sê hy bly al sewe jaar in Kleinfontein en dat hy sy eie besigheid besit. “Ek het op skool bewus geword van Kleinfontein. Dit bestaan al vir 21 jaar. Dit was my begeerte om hier te bly. Dit is hoe ek wil bly. Dit bestaan al vir 21 jaar. Dit was my begeerte om hier te bly. Dit is hoe ek wil bly.” Hy het ontken dat hy rassisties is en sê hy verkies om in die omheinde gemeenskap te bly aangesien sy waardes geprioritiseer word en daar geen ernstige misdaad is nie. Dries Oncke, wat 20 jaar gelede albei sy bene in ʼn treinongeluk verloor het, deel Schutte se sentiment. “Ek bly hier en ek bly uit die moeilikheid.” Carel Boshoff, president van die Orania-beweging, het intussen die DA-jeug genooi om Orania in die Noord-Kaap te besoek.

[nggallery id=131]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ben Geldenhuys ·

Word tog net wakker. Dit is nie ‘n dorp vir slegs wittes nie, dit is ‘n dorp vir Boere-Afrikaners. Julle klink net soos die idiote van die DA.

H J Bester ·

Hierdie “laertrek” mentaliteit van die Afrikaners van Kleinfontein, is ‘n groot jammerte want om jouself in ‘n land, soos Suid-Afrika met sy ryke verskeidenheid van volkere te wil isoleer, sal na nêrens lei nie. Hou gouer die Afrikaners, en die blankes in die algemeen, begin uitreik na die ander bevolkingsgroepe en ‘n konstruktiewe rol begin speel in Suid-Afrika, hoe beter vir sy toekoms aan die suidpunt van Afrika.

jan coetzee ·

Dit is nie n kwesie van laer trek nie gin elkeen net sy eie bestaan waardes en kultuur en respek vir ander se eiendom en ons Geloof. Dit is net n kwessie van hulle wat al hulle oortuigings op ons wil afdwing , maar ons oortuigings en waardes wil hulle nie erken nie, solank dit gebeur sal ons nooit kan handevat nie.n Werker het my in 1992 met die ja en nee stem gevra waaroor dit gaan en toe ek hom inlig was sy kommentaar die volgende, n bees en vark slaap nie in een kraal nie n skaap en n donkie slaap nie in een kraal nie , ons kan ook nie gemeng word nie.

Gemsbok ·

Ongelukkig is daar nie genoeg Afrikaners of blankes in die algemeen in die land om ‘n verskil aan die toekoms van Suid-Afrika te maak nie.

Ons is ‘n spikkeltjie in die geheel wat al kleiner word in die Afrikanisering van die land.

As jy in ‘n Soweto wil integreer is dit jou vooreg, maar moenie van ander verwag om jou sentiment te deel nie.

Riaan Ingram ·

Ek doen `n dringende beroep op alle swart Afrikaners om ernstig te oorweeg om Kleinfontein toe te trek. Tans loop ons deur omdat ons net wittes hier is.

Marie Vlok ·

Ek stem. Maak van Kleinfontein n swart plakkerskamp…..dan moet die regering weer help, want die plek sal onmiddellik agteruitgaan…..

Chirs ·

Kleinfontein het ook bewys dat dit nie nodig is om Orania toe te trek on selfbeskikking te kry nie. Ons kan dit hier reg in Pretoria ook doen en ander plekke.

Gemsbok ·

Behalwe, natuurlik, dat waar Orania reeds ‘n erkende onafhanklike munisipale raad het, Kleinfontein nog besig is om met Tshwane te onderhandel.

Gemsbok ·

Nico Strydom, jy moet redlik vlak in die kop wees om te skryf dat Kleinfontein uitsluitlik vir wit mense is terwyl hulle baie duidelik sê dat hul toelatingsbeleid nie ras as ‘n kriteria gebruik nie.

Dit lyk eerder asof jy rassisties is deur die raskaart in hierdie verband te wil speel.

Uiterse swak, tweedehandse verslaggewing.

Nico Strydom ·

Haai Gemsbok
Die artikel is van die nuusagentskap SAPA verkry. Ons het dit egter nou aangepas.
Baie dankie
Groete

Gemsbok ·

Dankie Nico. Dit is gaaf van julle.

Dit is belangrik om nie duidelike propaganda klakkeloos te herhaal nie. Ek het beter van Maroela verwag en was daarom nogal kwaad toe ek die berig lees. Jammer dat ek gesê het jy is vlak in die kop.

Julle kan maar my klagte verwyder.

Marie Vlok ·

God het verskillende rasse gemaak….bewys my verkeerd. Wat kan gebeur as daar bv. net witmense bly? Gaan “iemand” iewers die “kleur” verander? Daar is in elk geval nie swart en wit in die reenboog nie, of is daar? Die hele ding is: hulle voel bedreig en hulle voel hulle het nie die ultimate mag nie !!!!! Kleinfontein gaan al lank aan. Wie het nou gaan oopkrap? Sielsiekes !!!!

Chirs ·

Nico en Gemsbok, ons moet ons afrikanerskap uitleef want dit is wat die internasionale gemeenskap erken. Blankeskap waarop baie regses aandring s n ras konetasie wat apartheids strewes oproep en daarom is dit goed dat Kleinfontein hulle beroep op hul regte as n volk en nie as n ras nie. Dit is hoekom die DA se optog misluk het. Die liberale en kommuniste maak gereeld die fout om ras, etnisiteit en kultuur as een ding te beskou want dit pas goed in hul politieke ambisies in en baie mense speel so reg in hul kraal met hul ras beheptheid.

jan coetzee ·

Los tog die mense daar uit hulle pla niemand nie en as die DA en ander so n groot probleem het hoekom gaan toi toi hulle nie voor Nkandla nie want daar word net Zuma en sy volgelinge toegelaat niemand anders nie,Pleks spits die DA hom liewer toe op swak dienslewering en korrupsie en geweld dit is baie meer belangrik, los die mense van Kleinfontein uit hulle pla niemand nie.

Danie Kriel ·

Ek dink mnr Jan Groenewald het die spul goed hanteer, en ek wil hom daarmee gelukwens.Wat sê die ‘Afferkaners’ wat vir die DA gestem nou van hul bont jeug? One nation?

Andre Visagie ·

Kleinfontein is ‘n oasis van beskawing. Hoe meer ons van hierdie eenhede in Suid-Afrika kan vestig, hoe beter kan ons ons eie mense teen die misdadigheid van die “Misdaadhoofstad van die Wereld” isoleer. Ons is gebreinspoel om te glo dat ons kleurblind moet wees EN DAARMEE SAAM MISDAAD-BLIND, BARBAARSHEID-BLIND EN BOWENAL … HEIDEN-BLIND. Dit is nou die tyd dat ons aan ons land, aan ons volk en weer eens bowenal, aan ons Skepper moet bewys, dat ons by ons geloof, ons waardes en ons opvoeding staan en dit nooit maar nooit sal verwerp nie EN OOK NIE SAL VERSAAK EN PRYS GEE NIE!!!!
Vryheid van assosiasie beteken ook vryheid van dissosiasie – en ons volk is mos darem nou nie onseker oor wie sy volksgenote is nie!

Danie Smit ·

Die DA en jul bestuur se hantering van hul , het wonerlike positiewe publisiteit tot gevolg , nie wat die DA wou gehad het nie, geluk aan Kleinfontein Voorsitter

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.