Krejcir-saak: Ondersoeker het glo inligting verkoop

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Radovan Krejcir Foto: Werner Beukes, SAPA

Een van die vier mense wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde komplot om twee ondersoekbeamptes in die Krejcir-saak te vermoor, beweer een van die beamptes het “inligting aan gewillige kopers verkoop”, het The Star Donderdag berig.

Siboniso Miya se prokureur, Saleem Ebrahim, het aan die koerant gesê Miya se rol in die beweerde moordkomplot is gefabriseer om die betrokke polisiebeampte, kol. Nkosana “Killer” Ximba van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, se dade toe te smeer.

“Hy [Ximba] het vermoedelik vertroulike inligting aan gewillige kopers verkoop,” het Ebrahim in ʼn verklaring gesê.

Volgens The Star was die vertroulike inligting GPS-koördinate.

Ximba en Paul O’Sullivan was onlangs glo die teikens van ʼn moordkomplot. Ximba is een van die hoofondersoekbeamptes van ʼn taakspan wat die Tsjeggiese voortvlugtende en besigheidsman, Radovan Krejcir, ondersoek.

Ximba het die bewerings ontken. “Dit is duidelik dat dié storie nie sin maak nie, selfs ʼn kind kan dit sien,” het Ximba gesê. “Hierdie mense wou my vermoor. Hoe kon ek saam met hulle gewerk het?” Ximba het gesê die bewerings word gemaak om hom en die staat se saak te diskrediteer.

Krejcir, Desai Luphondo en ao. Samuel Modise Maropeng en George Jeff Nthoroane van die Valke is in November in hegtenis geneem en staar aanklagte van ontvoering, aanranding en poging tot moord in die gesig. Hulle het glo in Junie 2013 die broer van ʼn man, wat met 25kg tik verdwyn het, ontvoer en aangerand. Die man sou hulle glo help om die dwelms uit die land te smokkel.

Palm Ridge-landdros Reginald Dama het Krejcir se aansoek om borgtog op 13 Desember van die hand gewys. Krejcir bly steeds in aanhouding.

– SAPA

Lees ook:
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

william ·

Kan die regering en die polisie nie insien dat hierdie man n gewetenlose vuilgoed is nie. Skiet die hond dood of hang hom op aan die naaste boom.Hoeveel mense gaan nog hulle lewens verloor.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.