‘Lance Armstrong sy 7 titels kwyt, verban’

Lance Armstrong. Foto: Facebook

Die Amerikaanse fietsrylegende Lance Armstrong is moontlik sy sewe Tour de France-titels kwyt en gaan glo lewenslank uit die sport verban word.

Die VSA se Agentskap teen Dwelmmisbruik (USADA) het Vrydagoggend die aankondiging gemaak nadat Armstrong besluit het om sy stryd teen die agentskap te laat vaar. USADA het Armstrong daarvan beskuldig dat hy verbode middels gebruik het om die Tour de France tussen 1999 en 2005 te wen. Armstrong hou vol hy is onskuldig en het USADA beskuldig van ʼn heksejag teen hom. Volgens Armstrong het hy in sy loopbaan as fietsryer talle toetse vir verbode middels geslaag. Armstrong sê egter hy is uitgeput weens die uitgerekte stryd om sy onskuld te bewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.