Ligte vliegtuig val glo in dam

ʼn Ligte vliegtuig het na bewering Dinsdagaand in die Modimola-dam buite Mahikeng in Noordwes geval.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê ʼn beeswagter het glo gesien hoe die ligte vliegtuig in die dam val. Ngubane sê reddingsbote is van Klerksdorp gestuur vir bystand. Hy het gisteraand laat gesê die polisie kan nie verdere ondersoek instel voor die reddingsbote opgedaag het nie aangesien dit donker is en die dam diep en groot is. Ngubane sê daar word vermoed dat daar twee mense in die ligte vliegtuig was en dat dit moontlik ʼn opleidingsvlug was van die nabygeleë Mafikeng-lughawe. Ngubane kon geen verdere besonderhede bekend maak nie. SABC Nuus berig intussen dat dit ʼn helikopter en nie ʼn ligte vliegtuig nie, wat in die dam geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.