Lotto-wenner se geluk gesteel

lotto-logo’n 26-jarige Lotto-wenner is sy gelukkige kaartjie kwyt nadat twee mans, geklee in polisieuniforums, sy Lotto-wenkaartjie by sy huis in Hillcrest in KwaZulu-Natal gesteel het.

Die Saturday Star berig dat Sipho Ngcobo die Lotto-kaartjie met die wennommers vir verlede week se trekking van R33 miljoen vir sy ma, Jabulile Ngcobo, gegee het om te bewaar tot hy die prys die volgende dag kon gaan opeis. Twee gewapende mans het egter later, terwyl Sipho geslaap het, toegeslaan en die wenkaartjie geëis.

’n Lotto-woordvoerder, Dudu Ndendwa, het intussen bevestig dat die prys opgeëis is en dat ’n span ondersoekbeamptes van die lotery saam met die polisie die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Genugtig, nou het ek alles gehoor!!! wat is daar dat hulle nie sal steel nie. Maar die wenneer is mos veronderstel om hom/haarself te identifiseer met ‘n ID dokument alvorens die geld uit betaal word

Amy ·

Ai ai. Ek hoop hy kry sy geld terug. Die ander mense is baie dom. Natuurlik gaan hulle uitgevang word deur hul bankrekening of ID nommers.

Erich Goosen ·

Uiters onnosel om die geheim uit te lap. Hoe gaan die vermeende wenner sy eiendomsreg op die kaartjie bewys?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.