Madiba soek glo nie sy dogters in sy geldsake nie

Nelson Mandela

Voormalige president Nelson Mandela wou glo nie sy kinders by sy geldsake en kunswerke betrek nie.

Mandela se prokureur, Bally Chuene, het ‘n beëdigde verklaring met dié onthulling by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien, het The Star Vrydag berig.

Chuene voer aan dat Mandela se voormalige prokureur, Ismail Ayob, Mandela se dogters, Makaziwe en Zenani, beïnvloed het om hofdokumente teen hom en sy mede-direkteure in te dien. Die mede-direkteure is minister Tokyo Sexwale en George Bizos.

Chuene voer aan die motief vir die aansoek teen hulle is sodat die vroue toegang tot Madiba se geld kan bekom en sy kunswerke kan verkoop. Hy het gesê Mandela het hom in 2004 aangesê om verskeie briewe aan Ayob te stuur om alle inligting oor sy kunswerke te bekom. Volgens Chuene het Ayob nie aan Mandela se versoeke voldoen nie.

Mandela het glo tydens ‘n vergadering in April 2005 aan sy dogters gesê hy wil nie hê hulle moet betrokke wees in die bestuur van sy geldsake nie.

Chuene, Bizos en Sexwale het die hof versoek om Madiba se dogters se aansoek met koste van die hand te wys.

– Sapa

Lees ook:
Storm oor Mandela-handelsmerk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre Schutte. ·

Wie is Madiba? Wat is Madiba? Die artikel handel oor Nelson Mandela. Die opskrif van die artikel is net so misleidend soos Beeld. s’n. Die aanmerking is nie bedoel om ‘n kompliment vir julle te wees nie.

Paul Joubert ·

Dan moet die media seker ook altyd na John Philip Botha verwys, of hoe?

Gerhard ·

Volgens zuma en kie, is Mandela mos perdfris…..hoekom vra die hof hom dan nie somaar self of sy dogter betrokke moet wees al dan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.