ʼn Nege meter hoë standbeeld van oudpres. Nelson Mandela gaan by die Uniegebou in Pretoria opgerig word.
Paul Mashatile, die minster van kuns en kultuur, het Donderdag in Johannesburg gesê die Uniegebou was vir baie jare lank ʼn simbool van “wit oorheersing”.
“Die standbeeld van Mandela, wat nog ‘n blywende simbool van ons stryd vir vryheid, demokrasie, menswaardigheid en gelykheid is, sal op 16 Desember op Versoeningsdag deur president Jacob Zuma onthul word,” het Mashatile gesê.
Die beeldhouers is André Prinsloo en Ruhan Janse van Vuuren. Prinsloo het gesê die projek is vir hom ‘n lewenslange droom. “Dit was onder andere baie moeilik om te besluit watter gesigsuitdrukking en ouderdom die standbeeld van Madiba moet uitbeeld. Ons het besluit om hom te laat glimlag,” het hy gesê. Die standbeeld sal Mandela uitbeeld soos wat hy gelyk het ongeveer 10 jaar nadat hy as Suid-Afrika se eerste demokratiese president gekies is.
Prinsloo het gedemonstreer dat die standbeeld uitgestrekte arms sal hê met een voet effens vorentoe “om uit te beeld hoe hy die nasie omhels het”.
Die brons standbeeld kos nagenoeg R8 miljoen en gaan in vier dele aanmekaar gesit word op die grasperk voor die Uniegebou.
Sal maar dit mis. Dalk moet ons die duiwe by Kerkplein nou Uniegeboue toe skuif
Gooi mielies.
Hoeveel standbeelde en straatname moet nog Mandela vereer Ag miljoen en Zuma be del geld vir onderwys en miljoene het nie kos om te eet nie Niks maak meer sin in hierdie land nie
en so word ons tax geld weereens gemors op i pot snot. plaas dat hulle eerder rdp huise daarmee bou om die plakkers minder te maak of om te sorg dat mense ordentlike water kry om te drink. heng daar is so baie wat hulle eerder met daai geld kon gedun het.
Wel 8 mil is nie baie nie, dit is maar karre se geld vir 8 MP’s
Ek wonder hoe gaan hulle daai beeld skoonmaak,Hulle wag seker ook vir die beeld om onthul te word voordat hulle sal se of hy dood is of nie dan sal daar baieeeeeeeeeeeeee meer mense wees.
8 Miljoen ????
8 miljoen wat van die mense wat nie werk het of n dak oor hul kop het nie? Vra maar net!!!!!
Hoe kleiner die selfbeeld, hoe groter die standbeeld…
Hmmm ja snaaks ne maar dis “wit” beeldhouers wat die standbeeld moes maak! En as hulle net bietjie huiswerk doen dan sal hulle weet dat Sir Herbert Baker die Uniegebou ontwerp het Jare voordat apartheid in SA was. Maar laat die duiwe hulself maar geniet – dan word Mandela ook wit !
Wat n vermorsing weereens van belastinggeldkan ons nie met n gesamentlikke aksie begin om belastinggeld te weerhou nie?Afriforum hoe lyk dit?