Malema gewaarsku oor grondbesetting

Julius Malema by die bekendstelling van die EFF Foto: Werner Beukes/SAPA

Die regering is glo gereed om op te tree indien Julius Malema en sy organisasie, die Economic Freedom Fighters (EFF) dreigemente, om plase te onteien, begin uitvoer, het Beeld Vrydag berig.

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, het aan die koerant gesê dat stappe gedoen sal word indien Malema en ondersteuners van EFF begin om plase of landbougrond te beset. “Daar is nie ʼn manier wat ons sal toelaat dat enigiemand onmin saai in ons plaasgemeenskappe vir partypolitieke gewin nie,” het sy gesê.

Joemat-Pettersson reageer op die EFF se stigtingsmanifes wat Donderdag bekend gestel is waarin die organisasie sê dat alle grond, sonder vergoeding, aan die staat oorgedra moet word.

Sy het aan die koerant gesê dit is ʼn wanvoorstelling dat alle handelsboere wit is. “Geweld en plaasmoorde het reeds plaasgemeenskappe getraumatiseer. Enigiemand wat onwettige bedrywe op plase aanmoedig, sal die volle mag van die wet in die oë staar,” het sy gesê.

Sy doen ʼn beroep op boere om nie die reg in eie hande te neem nie en het die versekering gegee dat ministers in die veiligheidsektor alles in hul vermoë sal doen om die situasie te stabiliseer.
-SAPA

Lees ook:
Die EFF se beginsels oor grondonteiening, kriminele rekords en landsgrense

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sonja ·

Ek is nou nie een vir geweld nie, maar ‘n gat tussen die oe klink vir my na die oplossing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.