Malema se brief “te laat”

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, geskorste ANC-jeugligaleier se versoek sal glo nie in Mangaung bespreek word nie.

“Malema se brief waarin hy versoek dat hy weer in sy pos herstel moet word, het te laat opgedaag om by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie se program ingesluit te word,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Woensdag gesê. Hy sê die brief is op 16 Desember, op die eerste dag van die konferensie, ontvang.

Floyd Shivambu, geskorste woordvoerder van die ANC-jeugliga, het Maandag gesê hy, Malema en Sindiso Magaqa, voormalige sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga, het die brief geskryf om die ANC te versoek om die uitslag wat tot hulle skorsing gelei het, terug te trek. Die drie het gesê hulle is bereid om hulleself in die vervolg “toepaslik” te gedra. Klik hier om meer oor die brief te lees.

Mantashe het gesê die Malema-saak is deur die party se dissiplinêre strukture “hanteer en afgehandel”. “Dit is uitgeput en klaar,” het Mantashe gesê.

Hy erken dit kon by die konferensie hanteer word, maar die brief het te laat opgedaag.

Lees ook:
Mangaung: AgriSA se stalletjie groot sukses
Mangaung: Volledige uitslae
Mangaung: President, adjunkpresident verkies
Mangaung: Hier is die top 6 nominasies
Mangaung: President, adjunkpresident nominasies
Mangaung: “Vat my terug, ek sal my gedra,” sê Malema
Mangaung: Cyril Ramaphosa aanvaar nominasie
Mangaung: Fransman wil DA onttroon
Mangaung: Sakeman wil sy geld terughê
Mangaung: ANC betaal R14 miljoen
Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.