Malema vrygespreek op spoedaanklag

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), is Vrydag in die Vanderbijlpark-landdroshof vrygespreek op aanklag van roekelose bestuur.

Hy het in die hof verskyn op aanklag dat hy in Desember 2013 215 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het.

Die hof het bevind dat die staat nie kon bewys dat die toestel, wat Malema se spoed moes meet, in ʼn goeie werkende toestand was nie. Malema se prokureur, Tumi Mokoena, het die akkuraatheid van die toestel in twyfel getrek.

David Phumudi, die betrokke verkeersbeampte, het aan die hof getuig die toestel het behoorlik gewerk. Die toestelle word glo elke ses maande getoets en deeglik nagegaan om te verseker dat dit werk. Phumudi het gesê ʼn BMW het op 19 Desember verby hom gejaag. Hy het die voertuig agtervolg en die spoed gemeet. “Ons het lesings geneem teen 199 km/h, 200 km/h en uiteindelik 215 km/h,” het hy gesê.

Volgens Phumudi is die polisievoertuig toegerus met ʼn toestel wat die spoed meet met ʼn kamera aan boord. Die ongemerkte polisievoertuig het teen 80 km/h gery toe Malema verby hulle gejaag het.

Malema het, nadat hy vrygespreek is, mense versoek om by die verkeersreëls te hou. Hy sê hy het teen 120 km/h gery toe hy ʼn voertuig verbygesteek het wat ongeveer 80 km/h ry. Die motor het hom agternagesit en hy het vinniger gery. “Dit was ʼn verdagte situasie. Die motor was nie gemerk nie. Ek het eers afgetrek toe ek die sirene hoor,” het Malema buite die hof aan verslaggewers gesê.

Malema se ondersteuners het in die hof gejuig toe hy vrygespreek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize Mans ·

Ja nee,ek het geweet hy sal niks oorkom nie.Hulle kan mos maar doen wat hulle wil,hulle sal nooit toegesluit word nie.Skande.
Arme Steve moes R10,000.00 opdok.Omdat hy eerlik was..Maar Malema,hier kom die 2de Zimbabwe.Diktator.

Jasper ·

Hy maak wat hy wil want hy het onse Prez. aan n gevoellige deel beet.

Danielle ·

Kan ‘n man dan so oop en bloot lieg sonder om te ‘ bloos ‘.

Piet ·

Die regter was skynbaar meer bekommerd oor sy pensioen wat hy moontlik sou kan verloor as oor geregtigheid. Sê nou net die beskuldigde word eendag sy “baas” as president Mal emma. Nee, jy beter geen kanse waag nie.

Annatjie ·

Was omkoopgeld vir die regter hier betrokke? Hierdie Mal man is Robert Mugabe. Nr 2. Hoop verkeerspolisie gee hom gas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.