Man dagvaar polisie vir onregmatige inhegtenisname, verkragting

Argieffoto

ʼn Man van Pretoria dagvaar die minster van die polisie vir meer as R1 miljoen nadat hy glo onregmatig in hegtenis geneem is en een aand lank deur mede-gevangenes verkrag is terwyl hy in aanhouding was.

Volgens dokumente wat by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is, is die man van Brooklyn op 16 September by die Rustenburg-winkelsentrum in hegtenis geneem op aanklagte van mensehandel, het Beeld Maandag berig. Hy is na die beweerde voorval onvoorwaardelik vrygelaat. Hy is na bewering later egter weer in hegtenis in verband met die saak, waartydens hy glo deur die polisie aangerand is, voordat hy weer onvoorwaardelik vrygelaat is.

Robert van Wyk, die man se prokureur, het gesê sy kliënt gaan na verwagting Maandag in die hof sy verklaring aflê, en sy kliënt is erg deur die onderskeie voorvalle getraumatiseer en verneder.

Die man het twee eise teen die minster ingedien. Die een eis, van R940 000, is vir die eerste voorval waartydens die man glo in aanhouding verkrag is. Hy is die aand glo saam met 20 gevangenes in die Rustenburg-polisieselle aangehou. Die gevangenes het glo sy klere uitgetrek en al om die beurt verkrag tot omstreeks 06:00 die oggend. Hy het glo die volgende dag die polisiebeamptes verskeie kere van die verkragting vertel, maar hulle het glo niks daaraan gedoen nie, en geweier dat hy sy familie bel. Die man het na die voorval toetse ondergaan en het nie MIV opgedoen nie.

Die bykomende eis, van R150 000, is ingedien vir die beweerde voorval waar die polisiebeamptes hom aangerand het toe hy weer in hegtenis geneem is.

Die polisie het al die aantygings ontken.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

hulle sal dit ontken, hulle is mos die polisie. dis i flippen skande dat die mense wat betaal word om die publiek te beskerm van die grootste krimenele is. dink hulle kan dun net wat hulle wil net omdat hulle i uniform en i badge dra. elke polisieman wat oortree mut self aanspreeklik gehou word vir die eise wat ingestel word. dis mos nou maklik, jaag aan en as daar i eis is dan is dit weer die publiek se taxgeld wat die eis mut uit betaal. so hukom sal hulle worrie daaroor, dit kos hulle nix.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.