Man in Despatch voor kinders vermoor

mes1-225x225ʼn Man in sy 30s is Saterdag in die vroeë oggendure by sy huis in Despatch met ‘n skerp voorwerp gesteek en doodgeslaan.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê inligting oor die voorval is nog skaars, en dit word deur die polisie ondersoek. Gerugte dui aan dat die man tydens ʼn huisbraak vermoor is.

“Paramedici het die man omstreeks 02:00 in ʼn plas bloed op die vloer aangetref. Hy was reeds dood,” het Chris Botha gesê.

Volgens Botha is die man se kinders, onderskeidelik vyf en 14 jaar oud, en sy vrou erg getraumatiseerd deur die voorval. “Paramedici het ‘n ruk lank tyd saam met die ma en die kinders spandeer om die bedroefde gesin berading te gee,” het Botha bygevoeg.

Maroela Media wag vir kommentaar van die Oos-Kaapse polisie vir meer inligting.

Lees ons opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vas Vat ·

Wat n manier om n naweek te begin…Moord, doodslag, barbaarsheid.Sterkte aan die familie.Ek kan my nie hier uitlaat nie, want wat ek wil se sal nie gepubliseer word nie !!!!!!!

Erich Goosen ·

As die oorledene hom teen die aanval versit het en nog geleef het, sou hy seker van poging tot moord aangekla gewees het.

Charmaine ·

Dit is ongelooflik hartseer dat die kinders en vrou deur so ‘n gruweldaad deur moes gaan, mag onse Vader die gesin in die tyd bystaan. Ek kan nie verstaan hoekom hulle moet moor, aardse besittings kan vervang word maar ‘n lewe nie. Mag God die monsters eendag hard straf!

Jasper ·

Hul primêre doel is moord. Roof is n bonus. Maroela het weereens my kommentaar verwyder.

Vas Vat ·

Hallo Jasper,

Maroela verwyder links en regs kommentaar. Ek wonder wie die moderator/s by die instansie is.Ek sien ook hulle taalkeuse is Engels.Kyk maar as jy n fout begaan, hulle spreek jou in Engels aan.Ons moet nie toelaat dat die moderator/s ons ondermyn nie, bly hier op die forum, een of ander tyd sal hulle na die publiek moet luister…of sink.

Vriendelike Groete,

V-V

monique auret ·

Dis n ongevoellose mens wat so iets doen en dit voor die man se geliefdes,ek kan net se dankie Vader want ek betwyfel of ek so oorleef het,ek sal van my trollie af geword het,leeg yskoud en bitter hard,ek weet ek magi oordeel nie,maar die Vader sou my moes vashou want …. Sterkte aan die vrou en kids mag Ons Vader met julle wees nou en altyd

Fanie Oosthuysen ·

Sulke barbare moet aan die naaste boom opgehang word sonder om kostes van ‘n hofsaak aan te gaan. Indien skuldig bevind word??? in die hof word hulle slegs losies in ‘n 3-ster hotel gegee.

René ·

Dit breek my hart om hierdie storie te lees! Despatch is my tuisdorp waar ons as kinders sonder bekommernis grootgeword het en self saans na ek van skoolfunksies kon stap! Dit is duidelik nie meer die Despatch waar ek groot geword het nie! Hoe barbaars! Geen respek vir ‘n ander se lewe nie! Waar gaan dit alles eindig?? Sterkte aan die gesin!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.