ʼn 35-jarige man en ʼn kleuter is dood toe hulle Sondag uit die 52ste verdieping van ʼn woonstelgebou in Manhattan, New York, geval het.
Die polisie het omstreeks 12:00 ʼn noodoproep ontvang van twee persone wat uit die 52ste verdieping van South Park Tower in Upper West Side wou spring. Die man en kind het op twee verskillende dakke van nabygeleë geboue beland. Die man is op die toneel dood verklaar en die kind is by die hospitaal dood verklaar.
Die man en kleuter is se name is nog nie bekend gemaak nie.
Die polisie sal die tragedie ondersoek.
Dit is tragies. Die kleuter het geen keuse gehad nie.
Waarom n onskuldige lewe saam met syne neem wanneer probleme te erg raak?