Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord

Jasmin Pretorius

Jasmin Pretorius

ʼn 23-jarige man sal na verwagting Maandag in die Brakpan-landdroshof verskyn in verband met die moord op die vierjarige Jasmin Pretorius wat Saterdag verdwyn het.

EWN berig Jasmin se pa het haar Vrydagaand opgelaai sodat sy die naweek saam met hom kon spandeer. Sy het egter deur die loop van die aand verdwyn en polisiebeamptes het haar Saterdagaand onder ʼn bed in die huis opgespoor. Sy is glo verkrag en vermoor.

EWN berig verder dat die polisie moontlik nog persone in verband met die moord in hegtenis gaan neem, maar die polisie wou dit nie aan Maroela Media bevestig nie. “Dit is ʼn baie sensitiewe saak,” het die polisie Maandag aan Maroela Media gesê.

Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en persone met gestremdhede, het intussen haar skok uitgespreek oor die voorval. Motalatale Modiba, haar woordvoerder, het gesê die verdagte se borgtogaansoek moet teengestaan word en hy moet die ergste vonnis moontlik opgelê word indien hy skuldig bevind word.

Lees ook:
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hendrik ·

In watse moeilikheid sal ek kom as ek die Ou wat die onskuldige kindjie so wreed vermoor het, se Foto bekend maak aan die wereld sodat die werled kan sien hoe so siek gemeene persoon lyk. Ek is self van Brakpan af en het twee kinders waar een van n dogtertjie is, sulke skym hoort nie op die aarde nie……… sit met trane in my oe by die werk en te sien hoe mense saam staan teen sulke varke

henk venter ·

Hendrik, jy sal geen moeilikheid kry as jy die regte persoon se foto publiseer nie. Wees net seker dit is die ou wat gearresteer is

Justi ·

Hoop daar is geen borg vir die moordenaar nie. Mag hy die swaarste straf kry wat daar is.

Peter Says ·

Die doodstraf is n goeie afskrikmiddel, maar dan is dit ook weer te genadig vir hierdie tipe gedrogte. Hier kan ons n paar lesse neem by die VAE lande, stenig die goed stadig in die openbaar.

GawieM ·

Moes die opskrif nie gelees het vermeende verkragter en moordenaar nie? Of Sarel Pretorius die vermeende moordenaar en verkragter.
Die gemors moet deur die gemeenskap gestenig word, en pynlik vrek.

Nadine ·

Hoe kan enige mens so iets doen. Sy is nog n baba eintlik. En waar is die pa? En hy het nie rrg vir haar gesoek nie want jy soek mos orals in die huis veral in die kamer en onder die bed en in die kaste. So my opinie is dat die pa is ook deel daarvan. Sulke dinge maak mens bang om kinders eendag te wil he.

lanja ·

Daai man moet dood gemaak word wamt daai onskilige jasmin is net vier sy kan ook ni haar self beskerm ni sy is tog so klein

johanna haywood ·

Die wet moet jasmin se oom die vark die vuil man vir die vrouens los laat hul met hom afrekken. Hy moet ly soos wat sy gely het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.