Man in hof vir Bredasdorp-verkragting

Anene Booysen (17)

ʼn Man verskyn vandag in die landdroshof op Bredasdorp ná die verkragting, verminking en moord op Anene Booysen verlede week.

Die 17-jarige is die oggend van 2 Februarie op ʼn konstruksieterrein gevind. Sy is dieselfde nag in die hospitaal oorlede, nadat sy glo een van haar aanvallers uitgeken het. Booysen is Saterdag begrawe en honderde mense het die begrafnis in Bredasdorp in die Wes-Kaap bygewoon.

Drie mans is intussen vir Booysen se verkragting en moord in hegtenis geneem. Die ander twee beskuldigdes verskyn môre in die hof.

Die nuus oor voorval is uit alle oorde met skok ontvang en wyd veroordeel, veral deur vroue-organisasies. Die SABC het Sondag berig Helen Zille, leier van die DA, en Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, sal Maandag aan ʼn “stop verkragting”-protesaksie buite die parlement deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

raquel varanda ·

ek wil net he dat die dood sraf moet in kom haleluja!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

lizel skippers ·

watter mens slaap so as hy sulke wreed aardige dade gedoen het nee hel! dis ontmoonlik.die dood sraf moet in kom hy moet here help net asseblief ons mens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.