Man in Magaliesburg doodgeslaan

ʼn Moslem-man is na bewering in Magaliesburg deur twee mans doodgeslaan nadat hulle hom oor sy baard gespot het.

Mohammed Fayaaz Kazi (27) was Maandag saam met ʼn vriend van sy pa, Anser Mahmood, by ʼn kitskosrestaurant toe die voorval plaasgevind het.

“Twee mans het Kazi ‘Osama Bin Laden’ genoem,” het Mahmood Woensdag gesê.

ʼn Stryery het in die restaurant ontstaan waarna al vier mans uit die restaurant gejaag is.

Buite het die twee verdagtes vir Mahmood met ʼn onbekende voorwerp bewusteloos geslaan. Kazi is oor die kop geslaan.

Kazi is na die voorval van een hospitaal na ʼn ander verplaas, voor hy by ʼn hospitaal in Potchefstroom aan sy beserings beswyk het. Hy is Dinsdag begrawe.

ʼn Saak van moord is by die Potchefstroom-polisiestasie aanhanging gemaak.

– Sapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.